Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hael, ysreën en storms van Sondag voorspel

Donderstorms, sterk wind, hael en selfs ysreën word vanaf Sondag vir Suid-Afrika voorspel, wat nie net kouer temperature teweeg gaan bring nie, maar ook gladde, nat paaie en swak sigbaarheid.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Saterdag in ’n verklaring gesê die noordoostelike dele van die Noord-Kaap, verre westelike dele van Noordwes en dele van die Vrystaat kan erge donderstorms met sterk wind en hael verwag.

Dié storms sal met ’n 60%-kans op verspreide reënbuie in dié dele, sowel as KwaZulu-Natal, gepaardgaan.

’n 80%-kans op wydverspreide donderbuie word oor die oostelike dele van die Oos-Kaap, sowel as die suidelike dele van die Gariep-distriksmunisipaliteit in die Vrystaat en suidelike KwaZulu-Natal verwag.

Nog nat weerstoestande, met ’n groot kans op donderstorms en swaar reën, word ook Maandag oor die sentrale provinsies en die kus tussen Oos-Londen in die Oos-Kaap en Durban, KwaZulu-Natal, voorspel.

“Die tydsberekening van dié verwagte weersomstandighede is van belang, omdat swaar verkeer op die Suid-Afrikaanse paaie verwag word met die naderende einde van die Paasnaweek.

Ysreën word vanaf Sondagnamiddag oor die oostelike en suidelike dele van Lesotho verwag, met ligte sneeu oor die hoër pieke van die Drakensberg in daardie gebied.

“Die publiek word gemaan teen besoeke vir sneeubesigtiging, selfs met 4-x4-voertuie, omdat die padtoestande sleg gaan wees,” maan die Weerdiens.

Die verklaring voeg by: “Motoriste word gewaarsku dat moeilike bestuursomstandighede reeds vanaf Sondag sal lei tot langer reistyd, veral in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Vrystaat, oostelike dele van die Noord-Kaap en plekke in die Noordwes, Gauteng en Mpumalanga, omdat sigbaarheid, oorstromings en waterpoele tot gladde paaie kan lei.”

Weersomstandighede sal aaneen gemonitor word en mense kan die nuutste ontwikkelings volg op www.weathersa.co.za en op Twitter by @SAWeatherServic

Meer oor:  Weer  |  Donderstorms  |  Hael
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.