Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Groot druiweboer sterf ná motorfiets-ongeluk
Michael Laubscher en sy vrou, Jana.Foto: Facebook

Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf (Sati), Michael Laubscher (40), is Maandagaand ná ’n motorfietsongeluk dood.

Laubscher, ’n boer van die Hexriviervallei, kom volgens Clayton Swart van Sati uit ’n familie met ’n ryk geskiedenis van tafeldruifprodusente. Hy is in Mei 2014 as die voorsitter van Sati aangewys en het Suid-Afrika se tafeldruifbedryf gereeld oorsee verteenwoordig.

Laubscher was twee weke gelede in ’n ernstige motorfietsongeluk betrokke tussen sy huis in die Hexriviervallei en sy plaas in Worcester.

“Ná ’n dapper stryd is hy gisteraand (26 Maart) in ’n Paarlse hospitaal aan sy beserings en komplikasies daarvan dood,” lui ’n verklaring van Sati.

’n Vragmotor het glo vroegaand op 8 Maart net buite Worcester voor hom ingedraai.

Laubscher word deur Sati onthou “as ’n bedryfsleier, produsent en kollega wat altyd die belange van die bedryf en sy medemens eerste gestel het”.

Hy laat sy vrou, Jana, en vier jong kinders van tussen drie en 11 jaar oud agter.

“Ons wens sy gesin, familielede, kollegas en vriende alle sterkte toe in hierdie moeilike tyd. Ons vra dat julle by ons aansluit om sy gesin en familie in jul gebede te hou,” lui Sati se verklaring.

Begrafnis- en ander reëlings is nog nie gefinaliseer nie.

Volgens Swart kry Sati navrae van handelsmedia oor die wêreld heen – van Europa tot Asië – oor Laubscher se dood.

Meer oor:  Motorfietsongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.