Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Groot kopseer op N1, N2 en ander hoofroetes in Wes-Kaap

Hierdie berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is.

Elektrisiteit is herstel in die Hugenote-tonnel en die Robertsonpas, waar bome wat omgewaai het die pad versper het, is intussen oopgestel.

_______________________________________________________

Verskeie hoofroetes in die Wes-Kaap was Dinsdagoggend vir verkeer gesluit.

Die N2 in albei rigtings by Macassar in Kaapstad was vroeg Dinsdagoggend weens 'n optog oor dienslewerings gesluit.

Dit is volgens verkeersverslae intussen oopgestel, hoewel vertragings verwag word.

"Die pad by die Shell-en Engen-garage was in albei rigtings gesluit. Betogers brand bande," sê Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof.

Die Outeniqua- en die Robertsonpas in die Suid-Kaap is gesluit weens dodelike veldbrande.

Motoriste op die N1 moet nie by Beaufort-Wes afdraai kus toe nie, maar aanry tot by Worcester, sê Africa.

Die Hugenote-tonnel op die N1 is gesluit weens 'n kragonderbreking. Gebruik die Du Toitskloofpas as alternatiewe roete.

Die R321 tussen Villiersdorp en Vyeboom is weens 'n sandstorm gesluit.

Meer oor:  N1  |  Hugenote-Tonnel  |  N2  |  Verkeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.