Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Groot ongeluk eis 5 in Bloemfontein
Die wrak van die BMW ná 'n noodlottige ongeluk Saterdagaand in Bloemfontein.

Vyf mense, waaronder drie kinders jonger as tien jaar oud, is Saterdagaand in ’n ongeluk tussen ’n motor en ’n minibustaxi in Monumentweg in Uitsig, Bloemfontein, dood.

Volgens Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, is vier ander mense beseer ná die ongeluk Saterdag omstreeks 19:00 tussen ’n BMW en minibustaxi in die Rosestad.

Met die paramedici se aankoms op die toneel was die minibus-taxi op sy sy en die motor in die middel van die pad.

“Vyf mense in die BMW het egter noodlottige beserings opgedoen en hulle is op die toneel dood verklaar.

Sy sê drie ander insittendes van die BMW (twee kinders en ’n volwassene), asook die bestuurder en enigste insittende van die minibus-taxi wat vasgekeer was, is matig tot ernstig beseer.

Hulle is gehospitaliseer.

Volgens Van Huyssteen is die oorsaak van die ongeluk onbekend.

Navrae is aan die polisie gestuur.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Motorongeluk  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.