Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Groot opwinding toe Cyril in Kaap inkopies doen

Pres. Cyril Ramaphosa het vir groot opwinding gesorg toe hy op Valentynsdag by die Jack Hammer’s-ysterwarewinkel in Kaapstad opgedaag het om houtgom, ’n boor wat met batterye werk en ’n stel boor- en skroewedraaierpunte te koop.

’n Glimlaggende pres. Cyril Ramaphosa Vrydagoggend saam met klante in ’n ysterwarewinkel in Tuine, Kaapstad.

Dit dui oënskynlik daarop dat hy ook ’n doen-dit-self-entoesias is , sê Johan Erlank, bestuurder van Jack Hammer’s in Tuine.

Hy sê daar was behoorlik ’n chaos in die winkel toe die president Vrydag om 10:00 doodluiters daar ingestap kom.

Daar het gou mense om die president saamgedrom om te gesels en selfies te neem.

“ ’n Mens kon nie glo dat hy vroegoggend al weer so breed glimlag in ’n winkel saam met mense ná die staatsrede van die vorige aand nie, sê Erlank.

“Ek het hom persoonlik bedien. Hy moes net vir my gevra het vir ducktape om Julius Malema (wat saam met die EFF die staatsrede vir langer as ’n uur vertraag het) se mond toe te plak! Ek sou dit aan hom verkoop,” skerts Erlank.

Hy sê dit was te lekker om te sien hoe gaaf die president met die mense om hom was, en dat hy ook maar net ’n gewone ou is wat selfdoentakies verrig.

“ ’n Mens kan sien hy geniet dit om met sy hande te werk. Ná ’n frustrerende begin van die staatsrede die vorige aand help dit hom ook seker om te ontspan en tuis handwerk te doen.”

Hy sê die mense in die winkel was baie opgewonde, maar daar is glad nie oor die staatsrede gepraat nie – sommer net oor koeitjies en kalfies, en natuurlik wou almal foto’s saam met die president geneem het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.