Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Groot skok nadat renjaer, werktuigkundige verongeluk

Die motorsportgemeenskap is in rou gedompel nadat ’n bekende renjaer en ’n werktuigkundige Sondag buite Bloemfontein verongeluk het.

Volgens Leon Botha van RallyStar Motorsport was Dolf Coetzee, ’n renjaer van die Algoa-tydrenklub, en Tino Gouws, ’n lid van Subaru se diensspan, op pad terug van ’n tydren in Port Elizabeth toe die ongeluk omstreeks 14:00 by die Gariep-afdraai gebeur het.

Dolf Coetzee, ’n renjaer van die Algoa-tydrenklub van Bloemfontein, is Sondag in ’n botsing met ’n vragmotor dood.Foto: Facebook

“ ’n Vragmotor het na hul kant van die pad beweeg en daar was ’n botsing reg van voor.”

Coetzee was van Bloemfontein en Gouws van Pretoria.

Coetzee het glo met die impak van die botsing deur die ruit geskiet. Gouws is ook op slag dood.

Nog twee mense in die voertuig is in die hospitaal opgeneem. Ene Jan, wat langs Gouws gesit het, het geringe beserings opgedoen. Ruan, die vierde passasier, is per lugambulans na ’n hospitaal gebring. Albei se van moet nog bevestig word.

Die vragmotorbestuurder is glo ongedeerd.

Tino Gouws, ’n motorwerktuigkundige van Pretoria, is ook in die ongeluk dood. Foto: Facebook

Volgens Botha het Coetzee se motor onklaar geraak en het hy toe saam met Gouws gery.

Gouws se broer, Gert, het voor die mans in die span se diensvoertuig gery en het glo die impak van die botsing gehoor.

“Hy sê dit het soos ’n bomontploffing geklink.”

Hy het die stof in sy truspieël gesien en omgedraai.

Anton Wannenburg, ’n goeie vriend van Gouws, skryf op Facebook die ongeluk voel onwerklik. “Verlede naweek red jy nog die Screamer van ’n brand-sessie. Maak my stil sodat jy kan klaarmaak . . . Jy gaan haal jou welverdiende trofee. En nou? Hoe de m**r gaan jy die kar aanmekaarhou van daar bo af? Rus sag, Chopper (Tino)! Totdat ons mekaar weer sien.”

Meer oor:  Sterfgevalle  |  Renjaer  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.