Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Groot trek na Gauteng plaas druk op dienste

Die groot aantal mense wat Gauteng toe trek, is een van die grootste uitdagings vir die provinsiale regering en dié situasie plaas onder meer geweldige druk op veral die gesondheidsdienste, sê Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP).

Thandi Modise

y het pres. Cyril Ramaphosa Donderdag in Alberton gevra om dringend aandag aan hierdie kwessie te skenk nadat inwoners sedert Maandag op die sitting van die raad hul probleme geopper het.

Verhuising na die provinsie het in die afgelope vier jaar geweldig toegeneem en dit vereis dringend aandag. Die probleem gaan nie verdwyn nie en as dinge so voortgaan, sal misdaad in die gebied aanhou floreer.

Die geweldige groei in die bevolking plaas ook groot druk op dienslewering, het sy gesê.

So verkeer die kraamsale in die meeste hospitale in Gauteng onder geweldige druk en “die minister van gesondheid het voorheen al aangedui dat byna 60% van die hospitaalbeddens nie deur Suid-Afrikaners gebruik word nie”.

Sy het verder daarop gewys dat mense probleme met die lys van begunstigdes vir Hop-huise ondervind. Hulle vra dat dit fyn gemonitor word, want daar is bewerings dat buitelanders huise kry wat vir Suid-Afrikaners bedoel is.

Ramaphosa het in sy reaksie gesê die regering sal kyk na die kapasiteit van gesondheidsinstansies in die provinsie en ook na die moontlikheid om nog dokters en verpleegsters aan te stel.

“Ons moet seker maak dat inwoners toegang het tot maatskaplike en ekonomiese regte soos in die Grondwet vervat. Die regering moet verseker dat hul toegang tot onderwys, gesondheid en grondsake verbeter.

Meer oor:  Gesondheidsdienste  |  Thandi Modise
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.