Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Groot vertragings op Kaapse hoofroete verwag
Foto ter illustrasie.

Die Kaapse metro asook die Universiteit van Kaapstad het gewaarsku dat swaar verkeer van Maandag af verwag word weens padwerke wat op die M3 plaasvind.

Die M3 verbind die Kaapse middestad met die suidelike voorstede, waar die Universiteit van Kaapstad geleë is.

“Ons verwag dat die inwoners en padgebruikers in die gebiede soos Mowbray, Rosebank, Rondebosch en Nuweland die meeste geraak sal word,” sê Felicity Purchase, burgemeesterskomiteelid vir vervoer.

Die M3 tussen die N2-snelweg en Newlandsrylaan (M63) se oppervlak word van Maandag af vernuwe. Die pad bly oop vir verkeer, maar verkeersvloei gaan belemmer word. Bouwerk gaan tot 31 Januarie voortduur. 

Die werk sal gedurende weeksdae en op Saterdae van 20:00 tot 05:00 op die pad self gedoen word en van 09:00 tot 15:30 op die skouers van die pad.

“Diegene wat langs hierdie gedeelte van die M3 reis, moet probeer om alternatiewe roetes te vind terwyl die werk aan die gang is,” sê Purchase.

“Ons is jammer vir die ongerief, maar die metro is verplig om gereelde instandhouding van ons padnetwerk te onderneem. Die M3 is een van die belangrikste toegangsroetes in Kaapstad en ons moet toesien dat die pad in ’n goeie toestand bly.”

Die metro sê die gepaste aanwysingsborde sal in plek wees en padgebruikers word versoek om dit na te kom, sowel as om die instruksies van personeel te volg.

“Padwerke is altyd ongemaklik. Ek doen ’n beroep op inwoners en padgebruikers om versigtig te wees en om asseblief gedurende die konstruksietydperk saam met ons verdraagsaam te wees,” sê Purchase.

“Ons werk daaraan om hul toegang en ervaring op die pad te verbeter.”

Meer oor:  Kaapstad  |  Verkeer  |  Padwerke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.