Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gru-ongeluk: ‘Hy leef, ons klou daaraan vas’

Die 35-jarige Lambertus Robbertse, wat Saterdag op die R101 (ou Warmbad-pad) saam met sy gesin in ’n gru-ongeluk was, is steeds in ’n kritieke toestand in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria.

“My seun is steeds uiters kritiek, maar hy baklei hard,” sê sy ma, Charmain Robbertse.

Lambertus (Lampies) Robbertse in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria. Foto: Verskaf

Lambertus, of Lampies, soos sy familie hom noem, sy vrou, Riekie (33), en hul 18 maande oue dogtertjie, Luzandra, was Saterdag omstreeks 07:00 onderweg na Pretoria om inkopies te doen toe hulle reg van voor teen ’n ander motor gebots het. Die gesin woon op ’n kleinhoewe buite Pretoria.

Lampies se heup en bekken is in die ongeluk vergruis. Sy skedel, nek en rug is ook gebreek. Hy is tans in ’n koma.

Luzandra se regterbeen is gebreek en sy het kopbeserings opgedoen, maar is Sondag uit die hospitaal ontslaan. Riekie is nie beseer nie en haar ongebore baba is ook ongedeerd.

Die bestuurder van die ander motor is nie beseer nie.

“Lampies se bloeddruk het gestabiliseer sonder enige hulp, wat ’n groot pluspunt is. Sy niere het begin om urine uit te skei, maar sy brein is nog baie geswel. Hy is nog nie stabiel genoeg om teater toe te gaan nie,” sê Robbertse.

“Hy leef. In dié stadium klou ons daaraan vas.”

Lampies is die pa van Mikayla Robbertse (14), wat op 19 Desember 2011 in haar bed deur ’n Mosambiekse spoegkobra gepik is op die Robbertses se plaas buite Lephalale in Limpopo. Die slang se gif het haar spierweefsel gevreet en haar middelvinger aan haar linkerhand moes later geamputeer word. Mikayla was nie in die ongeluk nie.

Die Robbertse-gesin se motor ná die gru-ongeluk. Foto: Verskaf
Meer oor:  Padsterftes  |  Ongeluk  |  Padongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.