Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gru-ongeluk in Kleinmond eis 5
Die wrak van die VW Golf waar vyf mense Saterdagaand in ’n ongeluk in die hoofstraat van Kleinmond dood is. Foto: Verskaf

Vyf mense, onder wie drie voetgangers, is Saterdagaand in ’n gru-ongeluk in die hoofstraat van Kleinmond dood toe ’n bestuurder beheer oor sy voertuig verloor het.

Volgens die verkeersowerhede het die VW Golf uit die rigting van Hermanus gekom en vermoedelik teen ’n hoë spoed gery.

Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, sê drie voetgangers tussen sewe en 18 jaar oud is in die voorval raakgery.

Africa sê die voertuig het onder meer ook ’n boom en ’n kragboks getref en toe teen ’n geparkeerde motor vasgejaag.

Africa sê albei die insittendes uit die Golf is uit die voertuig geslinger. Hulle is na ’n nabygeleë hospitaal geneem waar albei later aan hul beserings dood is.

* Nog 13 mense is sedert Vrydag dood in ongelukke op Wes-Kaapse paaie.

Twee bestuurders is Vrydag in onderskeidelik Parow en Seepunt dood.

Drie voetgangers is ook Vrydag in verskillende ongelukke in Khayelitsha, Maitland en Milnerton dood.

Africa sê ’n 32-jarige passasier is ook in ’n ongeluk in Khayelitsha dood, terwyl nog ’n 34-jarige man in Milnerton dood is.

Nog ’n 48-jarige passasier is op ’n onbekende plek in ’n ongeluk dood.

Saterdag is ’n vroulike voetganger in Milnerton dood, sowel as ’n man in Phillipi.

’n 61-jarige motorfietsryer is ook elders dood.

’n 18-jarige passasier is in ’n ongeluk in Somerset-Wes dood.

Sondag is een persoon in ’n ongeluk op die N1 by Hoekwil by Wildernis dood.

Verkeersbeamptes het sedert Vrydag 1 919 motoriste voorgekeer en 687 vir alkohol getoets, sê Africa.

54 bestuurders is weens dronkbestuur in hegtenis geneem, met een wat ses keer oor die limiet was.

Twee spoedvrate is in onderskeidelik Beaufort-Wes en Vredenburg aangekeer. In Vredenburg is daar teen 169 km/h in ’n 120 km/h-sone gejaag.

Nog ’n bestuurder is in Knysna aangekeer vir roekelose en nalatige bestuur.

’n Motoris is vir omkopery in Brackenfell aangekeer, terwyl iemand wat hom as ’n verkeersbeampte voorgedoen het, in Vredenburg aangekeer is.

395 boetes ter waarde van R649 650 is uitgereik.

Paramedici en die polisie Saterdagaand in die hoofstraat van Kleinmond waar vyf mense in ’n ongeluk dood is. Foto: Verskaf

Meer oor:  Ongeluk  |  Kleinmond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.