Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gru-ongeluk wat ma eis: Strafbare manslag ondersoek

’n Aanklag van strafbare manslag word ondersoek nadat ’n 29-jarige ma Maandagoggend dood en haar sewejarige seun ernstig beseer is in ’n ongeluk op die Contermanskloofpad naby Durbanville by Kaapstad.

Die wrak van die voertuig waarin ma en seun gery het. Foto: Verskaf/ER24

Sers. Noloyiso Rwexana, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die seun is in ’n kritieke toestand in die Tygerberg-hospitaal, waarheen hy per helikopter van die ongelukstoneel af vervoer is.

Volgens die polisie se inligting is die seun sewe jaar oud, en nie vyf soos vroeër berig is nie.

Volgens die polisie het die ongeluk omstreeks 06:45 plaasgevind.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, sê Vissershokweg tussen Contermanskloof en die N7 was vir ’n geruime tyd gesluit terwyl reddingsoperasies aan die gang was.

Volgens hom was ’n Kia en ’n Ford Ranger-bakkie in die ongeluk betrokke. “Die insittendes van die bakkie was ongedeerd. Die bestuurder en die twee vrouepassasiers in die bakkie is egter ook hospitaal toe geneem.”

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê ER24 paramedici, metro-nooddienste en die Wes-Kaapse brandweerdiens het omstreeks 07:20 op die toneel aangekom. Die twee voertuie was in die middel van die pad.

Die vrou en haar seun was in die Kia vasgekeer, albei met kritieke beserings. Meiring sê die reddingsdienste het gespesialiseerde toerusting gebruik om die twee te bevry, maar die vrou het op die toneel aan haar wonde beswyk.

Die seun is ná lewensondersteunings-intervensies op die toneel per helikopter hospitaal toe geneem.

Die seun is per helikopter na die Tygerberg-hospitaal vervoer. Foto: Verskaf
Meer oor:  Kaapstad  |  Durbanville  |  Strafbare Manslag  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.