Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gru-ontdekking van menslike skedel en beendere in huis

Die polisie in Galeshewe in Kimberley doen ’n geregtelike ondersoek nadat ’n buurman die skedel van ’n mens in ’n huis in Amakhuzanestraat gesien het.

Nog menslike beendere asook vier honde is in die huis en elders op die erf aangetref.

Sers. Majang Skalkie, polisiewoordvoerder, sê die skedel is naby die kombuisdeur gevind.

“Die buurman het die polisie ontbied toe hy die skedel gesien het. Die polisie het die huis deursoek. Daar was vier honde in die huis en nog menslike oorskot is in die huis en elders gevind.

“Die vier honde is na die Dierebeskermingsvereniging geneem.

“Ons kan nog nie die identiteit van die oorskot bevestig nie. Die naasbestaandes van die huiseienaar sal ons help om die oorskot te probeer identifiseer.”

Meer oor:  Galeshewe  |  Kimberley  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.