Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gruongeluk in KZN eis 4 gesinslede

Vier gesinslede, waaronder ’n driejarige kind, is in ’n ongeluk op die N11 dood, sowat 20 km vanaf Ladysmith in die rigting van Newcastle, KwaZulu-Natal. Nóg ses mense is in die gruongeluk beseer. Hul beserings wissel van matig tot ernstig.

Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, sê drie voertuie was in die ongeluk betrokke. Die oorledenes is ’n man, twee vroue en ’n kind. Die geslag van die kleuter is nog onbekend asook die identiteit van die oorledenes. Paramedici het ook ses pasiënte, waaronder twee kinders, op die toneel behandel.

Volgens kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, word daar beweer dat die familielede vanoggend om 05:30 in twee voertuie gery het toe hulle in ’n ongeluk met ’n ander voertuig betrokke was.

“Vier gesinslede tussen drie en 32 jaar oud is op die toneel dood verklaar, terwyl die ander vier wat in ’n ander voertuig gereis het, kritieke beserings opgedoen het en na die hospitaal gehaas is.”

Gwala sê ’n 19-jarige-bestuurder van die derde voertuig is van strafbare manslag en dronkbestuur aangekla.

“Drie insittendes van die voertuig het ligte beserings opgedoen.”

Die verdagte verskyn môre in die landdroshof in Ladysmith.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Sterf  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.