SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Algemeen
Gryphon se bemanning gereed vir taai wedvaart
Die Gryphon wat aanstaande jaar aan die Cape2Rio-wedvaart gaan deelneem.

Van Grassy Park, oor die Atlantiese Oseaan, tot in Rio de Janeiro.

Dit is die roete waarop Marco Tobin van Grassy Park as lid van die seiljag Gryphon se bemanning gaan poog om die Cape2Rio-seiljagwedvaart te wen.

Hy sal een van die senior seiljagvaarders op die Gryphon wees as deel van ’n bemanning wat hoofsaaklik saamgestel is uit voorheen benadeelde mense.

Die Gryphon is ’n sloep van 43 voet en nege lede van die Hout Bay Youth Sailing Development Trust sal die seiljag beman.

Volgens die trust het die Gryphon-span “ontwikkel en die leer geklim en bewys hulle is bekwame, mededingende seiljagvaarders”.

Ons is beslis in staat om die resies te wen.

Tobin, die bemanningsleier, wys daarop dat hulle nie net ’n ontwikkelingspan is nie. “Ons is beslis in staat om die resies te wen.”

Theo Yon, die Gryphon se skipper, het in Houtbaai grootgeword en onthou hoe hy daarvan gedroom het om ’n seiljag te beman. Hy is bietjie meer konserwatief as Tobin wanneer hy sy span se kanse oorweeg.

“Net om die wegspring te haal, is belangriker as ’n sege, maar ons neem beslis deel met die doel om te wen,” sê Yon.

Tobin (31) het in 1997 begin seil toe hy in gr. 8 aan die Hoërskool Grassy Park was.

“Ek het nog altyd daarna uitgesien om die Cape2Rio te doen en ek is verheug my eerste een sal saam met ervare vaarders met ’n soortgelyke agtergrond as myne wees. Ek beskou die hele bemanning as nabye vriende.”

Duie Cape2Rio is die langste Transatlantiese vaart van sy soort.

Die Gryphon-bemanning bestaan uit Yon, Tobin, Lorenzo Yon (18), Daniel Agulhas (20), Andre Julius (49), Sieraj Jacobs (36), Leroy Rudolf (29), Rian Turner (44) en Clarence Hendricks (34).

Deelnemers aan 2017 se Cape2Rio, die langste Transatlantiese vaart van sy soort, sal op 1 Januarie 2017 wegspring. Inskrywings van tien lande is ontvang.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.