Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gumede wens beseerdes van ontploffing beterskap toe

Zandile Gumede, eThekwini se burgemeester, het die inwoners van Durban wat die afgelope naweek in ’n busontploffing by die Giza-piramides in Egipte beseer is, ’n spoedige herstel toegewens.

Beamptes ondersoek die wrak van ’n toeristebus wat Sondag deur ’n bom in Kaïro, Egipte beskadig is. Foto: AP Photo/Mohammed Salah

Luidens ’n verklaring van die munisipaliteit het Gumede gesê: “Ons het van die hartseer voorval verneem wat ’n groot groep afgevaardigdes van Durban behels het wat op ’n pelgrimstog was. Ons bid vir ’n spoedige herstel van hierdie traumatiese ervaring.”

Die groep het bestaan uit gelowiges van Katolieke kerke in Wentworth, Bluff, Amanzimtoti en Benoni.

Hulle het deelgeneem aan ’n jaarlikse pelgrimstog na die heilige lande, saam met ’n plaaslike priester Mike Foley.

“Ons waardeer die optrede van minister Lindiwe Sisulu (minister van internasionale betrekkinge en samewerking) en ons Suid-Afrikaanse ambassadeur in Egipte, Vusi Mavimbela, om die situasie te hanteer.

“Ons is ook bly om te verneem dat reëlings getref is vir 23 van die beseerdes om na Suid-Afrika terug te keer, terwyl drie agterbly weens die omvang van hul beserings.

“Ons simpatiseer met die families wat hierdeur geraak word en is beskikbaar om bystand te bied waar nodig,” het Gumede gesê,

News24 het vroeër berig dat sewe mense, waaronder drie Suid-Afrikaners, in die aanval beseer is.

Ndivhuwo Mabaya, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), het Maandag aan News24 gesê dat 24 van die 28 toeriste terug is en Maandagoggend by die OR Tambo- internasionale lughawe aangekom het.

Sewe mense is beseer. Dank God ons het niemand verloor nie.
Eric Apelgren

“Vier het in Egipte agtergebly. Drie word in ’n hospitaal behandel, terwyl een vrou agtergebly het om haar (beseerde) man te help,” het Mabaya gesê.

Eric Apelgren, hoof van internasionale betrekkinge by die eThekwini-munisipaliteit, sê niemand is ernstig beseer nie, volgens Daily News.

Onder die beseerdes was Folley, die geestelike direkteur van die St. Francis Xavier Catholic-gemeente in The Bluff.

Die gemeente het die toer na Egipte georganiseer. Ongeveer 14 mense van die gemeente was op die bus. Dit was hul laaste dag van die toer, het Daily News berig.

“Sewe mense is beseer. Dank God ons het niemand verloor nie. Ons mense se gebede en gedagtes is met hulle,” het Apelgren aan Daily News gesê.

Aubrey Snyman, eThekwini-wyksraadslid vir Wentworth, het gesê van die lede van die groep was van die Christ the King Roman Catholic-kerk in Cycasweg.

Hy het glo gesê dat hulle deur Egiptiese veiligheidsmagte na die lughawe vergesel is, en van wat hy gehoor het, het twee beserings aan hul oë opgedoen.

Die gemeenskap was in skok en die slagoffers was nogal getraumatiseerd, het Snyman bygevoeg. - News24

Meer oor:  Zandile Gumede  |  Egipte  |  Durban  |  Ontploffing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.