Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gupta-gebou vir R29,5 m. verkoop

Die gebou waaruit die Gupta-familie sy mediahuise bestuur het, is Woensdag vir R29,5 miljoen verkoop.

Die gebou in Midrand, Gauteng, waaruit die Gupta-familie sy mediahuise bestuur het.Foto: Reuters

Die gebou, wat sigbaar is van die M1-Noord-hoofweg in Midrand, Gauteng, het vroeër die Guptas se televisiekanaal ANN7 en The New Age-dagblad gehuisves.

Mzwanele Manyi, voormalige regeringswoordvoerder wat albei mediahuise gekoop en hul name na Afro Worldview en Afro Voice verander het, het in Julie vanjaar aansoek gedoen om die maatskappye te likwideer.

Manyi het die mediahuise in 2017 van die Guptas se Oakbay Investments gekoop. Hy het destyds gesê die negatiewe persepsie van die vorige eienaars, die Guptas, het die mediahuise se finansies negatief beïnvloed.

Die omstrede familie het die koerant in 2010 bekend gestel en die televisiekanaal in 2013.

Die naamsverandering was Manyi se poging om die mediahuise van die Guptas te distansieer. The New Age is wyd beskou as ’n spreekbuis en beeldpoetser vir oudpres. Jacob Zuma se skandaalgeteisterde regering.

Meer oor:  Oakbay Investments  |  Guptas  |  Mzwanele Manyi  |  Midrand  |  Gauteng  |  Verkoop  |  Gebou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.