Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Guptas ‘arrogant in weelde in Doebai’

Die Gupta-familie is vermetel en arrogant om voorkeur-behandeling van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te verwag, sê Neeshan Balton, uitvoerende direkteur van die Ahmed Kathrada-stigting.

Hy het Maandag gereageer op hul versoek om getuies te kruisondervra, maar weier om na Suid-Afrika terug te keer om kruisondervra te word, “terwyl hulle sterk geïmpliseer word by die proses van staatskaping”.

Hulle wil voordeel trek uit die regsproses voor die kommissie, maar hulle wil terselfdertyd van die gereg vlug, sê hy in ’n verklaring.

“Is hulle bereid om die kommissie se aanbevelings te aanvaar terwyl hulle in weelde in Doebai sit?”

Balton het getuies wat reeds voor die kommissie verskyn het, soos Themba Maseko, Mcebisi Jonas, Phumla Williams en Vytjie Mentor geloof omdat hulle help om lig te werp op die mate waarin die staat gekaap is, deur wie en met watter oogmerk.

“Ons hoop ander staatsamptenare wat inligting oor die werking van die skadustaat het, sal ook getuig.

Meer oor:  Guptas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.