Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Guptas ‘ontwrig snoesige sake-omgewings’

Die Guptas is “ontwrigters” wat “snoesige” sake-omgewings met hul goedkoper tariewe ontwrig het wat betref steenkool en mediaprodukte.

Atul Gupta en Duduzane Zuma Foto: Argief

Hulle verwelkom ook die ondersoek na beweerde “staatskaping” teen hulle deur die Valke.

So het Nazeem Howa, uitvoerende hoof van Oakbay Investments, moedermaatskappy van al die Guptas se sakebedrywe in Suid-Afrika, die naweek in ’n televisie-onderhoud op ANN7 teruggekap na kritici van die omstrede familie.

Dit volg op berigte die naweek dat Eskom stil-stil ’n R564 miljoen-kontrak toegestaan het aan ’n steenkoolmynmaatskappy wat aan die omstrede Guptas en pres. Jacob Zuma se seun Duduzane behoort.

City Press het berig dié kontrak aan Tegeta Exploration and Resources om 1,2 miljoen ton steenkool uit sy Optimum-steenkoolmyn teen R470 per ton aan die Arnot-kragstasie in Mpumalanga te lewer, is een van Eskom se duurste kontrakte. Die Guptas en Duduzane Zuma is Tegeta se hoofaandeelhouers.

Howa sê hy verwelkom die ondersoek deur die Valke ná klagtes deur die DA omdat dit “hopelik ’n einde sal bring aan al die skinderstories en fluisterveldtogte”.

Die rede waarom die familie hulle nie tot die hof gewend het ná al die bewerings teen hulle nie, is “omdat dit twee jaar duur om ’n saak op die hofrol te kry en teen daardie tyd is die skade aangerig en oor en verby”.

Hy het Tegeta verdedig en gesê dit verskaf steenkool aan Arnot teen R538 per ton, vergeleke met die vorige verskaffer se prys van R980 per ton.

Volgens hom is steenkoolmynbou tot dusver deur vier of vyf myne oorheers.

“Tegeta is ’n maatskappy in swart besit. Die Guptas is nie die grootste aandeelhouer nie, hulle is een van die grotes, maar nie die grootste nie. Dit is een van die grootste swart maatskappye in die bedryf. Ek dink ons het baie meer deursigtigheid in steenkoolmynbou geskep.

“Ons is ’n ontwrigter in enige bedryf. Waarom sê ek dit? Ons het gekom met Sahara met laekoste-, hoëgehalte-items wat die markte ontwrig het. Ons het The New Age bekend gestel, ons het gesê dat ons pro-staat is en het ’n lae koopprys gehad en was in nege provinsies. Dit het ’n bedryf ontwrig wat baie gevestig was. Ek dink ons het dieselfde met ANN7 gedoen.

“Ons het nou ook dieselfde met die Optimum-steenkoolmyn gedoen. Ek dink ons het ontwrig wat voorheen ’n baie snoesige omgewing was. Ek dink dit het baie mense ontstel, maar ek is baie trots op wat ons gedoen het.

“In dié stadium is die Hendrinamyn die goedkoopste steenkoolverskaffer aan Eskom. Ons is baie trots daarop. As ons dit vir al ons steenkoolmyne kan doen, kan ons ’n groot verskil maak aan die ekonomie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.