Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Guptas: Valke slaan toe op R250 m. se bates
Polisielede hou Maandag ’n wakende oog buite die luukse Gupta-woning terwyl ’n kurator en lede van die NVG se batebeslagleggingseenheid en die Valke inventarisse van sekere bates agter die geslote hekke opstel. Foto: Felix Dlangamandla

Dit was Maandagmiddag ’n miernes van bedrywigheid by die Gupta-familie se woonkompleks in Saxonwold, Johannesburg, waar amptenare in minstens 15 voertuie toegeslaan het om meer as R250 miljoen se bates te bevries.

Lede van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se batebeslagleggingseenheid, doeanebeamptes en die Valke het die omheinde perseel sedert 14:00 binnegegaan om ’n bewaringsbevel uit te voer, sê volgens Luvuyo Mfaku, NVG-woordvoerder.

“Ons het op 11 April ’n bewaringsbevel in die hooggeregshof in Bloemfontein bekom vir bates ter waarde van R250 202 652,00 van verskeie individue en entiteite wat geïmpliseer word in die Vrede-suiwelprojek, bekend as die Estina-aangeleenheid,” sê Mfaku.

Die bewaringsbevel is deel van die Valke se ondersoek wat vroeër gelei het tot die arrestasie van “sekere individue”, sê hy.

Verskeie mense is in Februarie in klopjagte gearresteer op onder meer aanklagte van korrupsie, geldwassery en bedrog.

Een van hulle is Varun Gupta (32), ’n direkteur van Oakbay en ’n susterskind van die Gupta-broers. Hy is van Saxonwold.

Amptenare maak gereed om die huis van die Guptas in Saxonworld in te gaan. Foto: Felix Dlangamandla

Een van die lasbriewe vir arrestasie tydens die klopjagte in Februarie was vir Ajay Gupta, het die Valke destyds bevestig.

Hy was egter vermoedelik toe reeds landuit.

Mfaku het Maandag gesê hulle is besig om in samewerking met onder meer die Valke en ’n kurator inventarisse van sekere maatskappye, sommige met bande met die Gupta-familie, se bates saam te stel.

Die roerende en onroerende bates wat by die bevel ingesluit is, sluit woonpersele, sakepersele en plase in, sowel as twee vliegtuie, ’n helikopter, voertuie en die bankrekenings van entiteite soos Oakbay Investments, Islandsite Investments 180, Confidents Concept, Sahara Computer, Westdawn Investments en Aerohaven Trading.

Die amptenare sou Maandag inventarisse opstel van die bates wat geïdentifiseer is en dit waardeer.

“Daar sal dan ’n bevel aan die betrokkenes beteken word wat hulle inlig dat die bates nou onder kuratorskap is en dat hulle niks aan die bates mag doen of dit mag verwyder nie,” sê Mfaku.

Die bewaringsbevel sal van krag bly tot die afhandeling van die strafsaak.

As skuldigbevindings volg, sal die batebeslagleggingseenheid aansoek doen om ’n beslagleggingsbevel vir die meer as R250 miljoen en/of bates ter waarde daarvan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.