Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gysie se dogter Vrydag begrawe

Die begrafnis van René O’Ehley, dogter van Gysie Pienaar, oud-Springbokrugbyspeler, vind môre in die NG kerk in Bredasdorp plaas.

René O’Ehley
René O’Ehley langs die swembad by ’n swembyeenkoms. Foto: Laerskool Bredasdorp

Sy is verlede Vrydag in ’n ongeluk op die N2 tussen Botrivier en Caledon dood. Haar Volkswagen Polo het reg van voor teen ’n vragmotor gebots. ’n Bakkie en ’n tweede vragmotor was ook by die ongeluk betrokke.

Sy word deur haar man, Edmund O’Ehley, en hul twee kinders, Kayla (10) en Edmund (8), oorleef. René en O’Ehley was 12 jaar getroud.

René was voorheen ’n onderwyseres by die Laerskool Bredasdorp. Die skool het ’n boodskap oor haar dood op sy webtuiste geplaas waarin hulle sê sy was van 2015 tot 2018 ’n onderwyseres by die skool. Daarna is sy as sportafrigter by die skool aangestel.

“René was ’n warm, baie liefdevolle en diep mens. Met haar breë glimlag en diep oë het sy baie harte aangeraak en lig in soveel lewens gebring,” lui die boodskap.

“Sy het ’n besonderse liefde vir kinders gehad en kon altyd plat op haar knieë tussen hulle in haar klas gevind word. Wanneer sy swem afgerig het, was sy nie langs die swembad nie, maar saam met die kinders in die water.”

Die skool het ook foto’s van haar by die swembad op hul webblad geplaas.

“Wanneer sy netbal afgerig het, het sy saamgespeel. Sy was nie ’n kantlyn-mens nie!” lui die boodskap.

“Ons sal haar beslis nie vergeet nie. Sy het ’n onbetwisbare indruk op die Laerskool Bredasdorp se personeel, leerlinge en ouers gemaak.”

René O’Ehley by ’n swemgeleentheid. Foto: Laerskool Bredasdorp
René O’Ehley glimlag breed by ’n skoolseremonie. Foto: Laerskool Bredasdorp
Meer oor:  Gysie Pienaar  |  René O’Ehley  |  N2  |  Oud-Springbok  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.