Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Haarkappers werk ‘skelm’ om den brode

*Hierdie berig is aangepas.

Die nood in die skoonheidsbedryf is weens die inperkingsregulasies só erg dat sommige van hierdie mense "nie anders kan" as om "skelmpies" met hul werk voort te gaan nie.

Talle Vrystaatse haarkappers, wat anoniem wou bly, sê hulle gaan voort om kliënte se hare te sny, omdat hulle nie 'n ander keuse het nie.

Haar- en skoonheidsalonne bly toe op vlak-3 se inperkings, maar sommige haarkappers begin om den brode “skelm” werk. Foto: Unsplash.com

"Ons doen wat ons kan om die verspreiding van die virus te beperk, maar ons kan nie langer sit en niks doen nie. My man kan ook nie werk nie; waarvan moet ons leef?"

'n Ander haarkapper sê die meeste kliënte is gretig om hul hare te laat sny.

"Ek glo mense sal verantwoordelik wees en nie inkom as hulle siek voel nie. Ons vereis dat almal maskers dra en laat net een persoon op 'n slag in die salon toe."

Die haarkappers sê hulle is bereid om die kans te waag, omdat hulle geldelike verpligtinge het wat nagekom moet word.

"Die regering help ons nie, so waarvan moet ons leef?" sê een van die haarkappers aan Netwerk24.

'n Saloneienaar sê sy het al aan die begin van Mei haar deure stilletjies oopgemaak, omdat sy die geld nodig het en mense haar voortdurend vra om hul hare te sny.

Charlene Strydom, 'n somatoloog van Beauty Square in Langenhovenpark, Bloemfontein, is in dié tyd van haar eggenoot se inkomste afhanklik.

Strydom sê dit is 'n emosionele stryd om so lank nie te mag werk nie.

"Ek voel eintlik dis korrup, want as die skole en kerke kan oopmaak, kan die salonne net sowel.

"Jy kan niks doen nie, want jy mag niks doen nie. As hulle jou uitvang dat jy iets doen, sal hulle alles van jou af wegvat."

Strydom sê wanneer die inperking uiteindelik opgehef word, sal salonne waarskynlik soveel as twee derdes van hul kliënte verloor het.

Sy moet steeds haar verskaffers betaal, maar die eienaar van die perseel waar die salon is, het hulle genadiglik van huur vrygeskeld.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Werk  |  Nood  |  Haarkappers  |  Haarsalonne  |  Inperking  |  Skoonheidsbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.