Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Habib vergelyk AfriForum-leiers met Hitler

Prof. Adam Habib, visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand, het Donderdag die leierskap van AfriForum vergelyk met onder andere Adolf Hitler en Idi Amin.

“Julle is ’n verleentheid vir Suid-Afrika en sy Grondwet,” het Habib in ’n twiet gesê wat gerig was aan Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, en Ernst Roets, adjunkhoof van dié organisasie.

“Elke nasie het iemand wat sy slegste kant weerspieël. Die Duitsers het Hitler gehad, die Ugandese vir Amin, apartheid-Suid-Afrika vir Verwoed (sic), en die huidige Suid-Afrika vir julle twee,” het Habib geskryf.

Dié kommentaar kom ná ’n twiet van Kriel gedurende hul besoek aan Amerika. In dié twiet skryf Kriel dat hy en Roets vir John Robert Bolton, nasionale veiligheidsraadgewer van Amerika, ontmoet het.

Kriel sê hulle het ’n kopie van Roets se nuwe boek, Kill the Boer, aan Bolton oorhandig.


Meer oor:  Afriforum  |  Kallie Kriel  |  Adam Habib
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.