Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hande vol veertjies vir uitblinkers
Marida Fitzpatrick
Anika Marais
Pieter-Louis Myburgh
Murray La Vita
Maryna Lamprecht
Jurg Slabbert

Media24 se joernaliste het Vrydagaand met hande vol veertjies weggestap by die ATKV-Mediaveertjie-toekennings in die afdeling vir die gedrukte media.

Nuusjoernaliste het in sewe kategorieë gewen en ’n tydskrifjoernalis in een.

Marida Fitzpatrick, Netwerk24 se Stemme-redakteur, het twee Veertjies gekry, een vir die beste kunste-artikel, “Wit en gatvol ja, maar nie ’n rassis, sê Willem Boshoff (in Beeld) en een vir die beste essay, rubriek of opiniestuk, “Ja, ek is bevoorreg omdat ek wit is”(vir Netwerk24).

Frank Opperman het ’n Veertjie gekry as beste akteur en Marion Holm vir beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama vir hul spel in Vlug na Egipte.

Dié program het al die pryse in die kategorie verhalende genres in die kykafdeling gekry, ook vir die beste draaiboek en regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama en as beste dramareeks of enkeldrama.

Mieke Vlok van Huisgenoot is as opkomende joernalis van die jaar aangewys.

Die Mediaveertjies is ’n viering van die belangrike rol wat die media in die samelewing speel en vereer jaarliks mense in die Afrikaanse mediawêreld.

Die glansgeselligheid is gisteraand by Vodaworld in Midrand gehou. Vanjaar is daar in die volgende kategorieë meegeding: Lees, luister, kyk. Digitale bydraes vorm deel van al drie kategorieë.

Wenners in die kategorie Lees:

Luister:

  • Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram: Ettienne Ludick en Sue Pyler
  • – Middag op RSG: Tannie Evita word 80 –
  • RSG
  • Beste insetsel in ’n joernaalprogram: Anna-Marie Jansen van Vuuren 
  • – Naweek-aktueel: Skepper van verskeie Afrikaanse kinderliedjies, Betty Misheiker, oorlede -
  • RSG
  • Beste aanbieder van of onderhoudvoerder in ’n nuus- of aktualiteitsprogram: Ivor Price en Anita Visser: 
  • Monitor:
  • Versoeningsdag met eerw. Frank Chikane en Adriaan Vlok -
  • RSG
  • Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram: Anita Visser – Monitor: 
  • Hirosjima: 70 jaar later –
  • RSG
  • Beste joernaalprogram: Ilse Salzwedel 
  • – Die woordketting –
  • RSG
  • Beste nuus- of aktualiteitsprogram: Suzanne Paxton en Melissa Tighy – Spektrum: 
  • Pres. Jacob Zuma se staatsrede -
  • RSG
  • Beste dokumentêre program of programreeks: Johan van Lill 
  • – Christopher Kindo: Voete soos vlerke –
  • RSG
  • Beste insetsel in ’n opvoedkundige program: Johan van Lill 
  • – Ons en die onderwys: Robotte in die klaskamer -
  • RSG
  • Beste teks vir ’n radiodrama of -teater: Martyn le Roux 
  • - Bloedlyn -
  • RSG
  • Beste regisseur van ’n radiodrama of -teater: Bettie Kemp 
  • – Sonate -
  • RSG
  • Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie: Su-an Marais – GROOTfm 90.5
  • Beste aanbieder by ’n kampusradiostasie: Charonike Nel – Rooiwynsondag – PUKfm 93.6

Kyk: Aktuele genres

  • Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram: Hannes van Wyk – Kwêla – kykNET
  • Beste insetsel in ’n joernaalprogram: Hanné Koster – 
  • Kwêla: Nuwe boek oor Ingrid Jonker –
  • kykNET
  • Beste joernaalprogram: André Calitz en Ronel Moodie 
  • – Reis na Gister –
  • kykNET
  • Beste aanbieder van of onderhoudvoerder in ’n nuus- of aktualiteitsprogram: Freek Robinson 
  • – Robinson Regstreeks –
  • kykNET
  • Beste insetsel in ’n aktualiteitsprogram: Renée de Villiers 
  • – kykNET Verslag: Roodepoortskool – kykNET
  • Beste nuusinsetsel: Maryna Lamprecht en Jurg Slabbert 
  • - Topstories: Fifa-korrupsieskandaal –
  • Netwerk24
  • Beste nuus- of aktualiteitsprogram: Alet van Rensburg Wright 
  • – Fokus: Voortbestaan van Afrikaans as onderrigtaal by Universiteite –
  • SABC 3
  • Beste dokumentêre program of programreeks: Wynand Dreyer en Christelle Parrott 
  • – Formidabele vroue: Petronella van Heerden –
  • kykNET
  • Beste insetsel in ’n opvoedkundige program: Bonné de Bod en Susan Scott 
  • – 50/50: Padreëls – SABC 3
  • Beste vermaakprogram: Paul Venter – Koekedoor – kykNET
  • Beste aanbieder van ’n vermaakprogram: Emo Adams – Jou show – kykNET

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.