Yanni Vosloo, handelswarehoof van Mr. Price Home, is Dinsdag oorlede.
Die Mr. Price-stigting, waarvan hy ’n ambassadeur was, het Woensdag die nuus op sy Facebook-blad gedeel.
“Yanni het talle jong kleinhandelaars geïnspireer om hul passie na te streef en baie mense gehelp om hul ware loopbaan-potensiaal te ontsluit.
“Terwyl 2020 ’n uitdagende jaar vir gegradueerdes was, is drie van die nege mense wat die Jump Start-kleinhandelprogram voltooi het, deur Yanni geïdentifiseer om hul loopbaan by Mr. Price Home te begin.”
Vosloo se familie wou nie Woensdag kommentaar lewer nie.
Die oorsaak van sy dood kon nog nie bevestig word nie.
Mr Price Foundation pays tribute to one of its most influential and inspirational ambassadors, Yanni Vosloo, who sadly...
Posted by MRP Foundation on Tuesday, January 12, 2021