Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Happy Valley Bewarea blink ná skoonmaak
So lyk Happy Valley in Bloemfontein ná die naweek se skoonmaakaksie.

Happy Valley in Bloemfontein blink weer soos ’n spieël nadat dit Saterdag skoongemaak is deur Happy Valley Bewarea se lede onder die voorsitterskap van Willem Raubenheimer.

Raubenheimer en sy bewarea se lede is altyd baie geesdriftig om te help om die bewarea skoon te maak en te onderhou.

Die laaste been van die STIHL se Suid-Afrikaanse veldren-bekerreeks vir bergfietsryers het vroeër vanjaar in Happy Valley plaasgevind nadat ’n 5 km lange baan vir bergfietsryers hier gemaak is.

Tjaart van der Walt, stigterslid van die Happy Valley Bewarea en ’n Bloemfonteinse stadsraadslid, sê ander organisasies se lede wat ook betrokke was, is Torings van Hoop, Enviro-Tech SA en RauBrick, wat al sedert die begin by die skoonmaak-aksies en onderhou van Happy Valley betrokke is.

Op dié manier word Happy Valley, wat grens aan die Vrystaatse premierswoning en die Hoofregter se ampswoning, ook veilig gehou.

“Mense wat Happy Valley wil gebruik, hetsy as drawwers of stappers, word aangemoedig om as lede by die Happy Valley Bewarea aan te sluit deur R100 lidmaatskapgeld te betaal om die bewarea te help onderhou en te verbeter.”

DSFin borg ook nou al vir jare Torings van Hoop se skoonmaak-span wat die verlenging van Albrechtstraat skoonmaak.

Van der Walt sê die publiek word aangemoedig om oop stukke veld en parkies in hulle omgewing in Bloemfontein skoon te maak en dit “aan te neem” ingevolge die “‘neem-’n-park-aan”-beleid van die Mangaung-metromunisipaliteit.

Van der Walt sê hy wil graag Bloemfonteinse sakeondernemings ook uitdaag om oor die hele stad betrokke te raak en te help om die stad netjies en ordelik te hou.

Meer oor:  Rommel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.