Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Harde werk maak drome waar, glo dié hoof
Vir Verna Jeremiah is onderwys ’n roeping. Foto: André Damons

Vroue kan deesdae selfs hoër hoogtes as mans bereik.

Só sê Verna Jeremiah, die vrou aan stuur van die Hoërskool Heatherdale in Heidedal, Bloemfontein, wat die afgelope meer as vyf jaar ’n slaagsyfer van tussen 92% en 99% in die matriekeksamen behaal het.

Vir Jeremiah, wat 59 jaar gelede in Heidedal gebore is, is onderwys ’n roeping.

Sy het in 1987, toe die skool sy deure geopen het, hier begin werk. In 2008 is sy as skoolhoof aangestel.

Jeremiah sê hoewel sy uit ’n era kom waar vroue nie maklik bevorder is nie, is dit vandag makliker vir vroue om hul stempel af te druk.

“Ja, dit is steeds moeilik, maar niks keer vroue om hul volle potensiaal te bereik nie. Byt vas, werk hard en moet nooit moed verloor nie.”

Sy glo vas dit wat ’n persoon insit, hulle sal uitkry.

“Niks in die lewe kom sonder moeite of opoffering nie. ’n Goeie geleerdheid en lewe val nie net in jou skoot nie.”

Haar taak as hoof is nie maklik nie en elke dag bring sy eie uitdagings. Maar dit is die moeite werd.

Haar taak as hoof is nie maklik nie en elke dag bring sy eie uitdagings. Maar dit is die moeite werd.

“Dit is lonend en vervullend, veral as ons kinders suksesse behaal.”

Sy sê ’n goeie span onderwysers staan vierkant agter haar.

“Hulle steun die visie vir die skool en sonder hul opoffering en toewyding sou die skool nie die afgelope meer as vyf jaar so ’n goeie slaagsyfer behaal het nie.”

Jeremiah sê sy is teen dié tyd al deel van die skool en gemeenskap.

“Heatherdale is deel van my en ek is deel van die skool. Ek is van die begin af deel van sy opdraandes en afdraandes, sy stryde, sowel as sy hoogte- en laagtepunte.”

Sy sê haar man, Brend, hul drie kinders, Monique Labona, dr. Laurent Jeremiah en Roshaan Jeremiah, het deur die jare begrip en ondersteuning vir haar werk gehad.

By die huis is haar man haar klankbord by wie sy ná ’n lang dag by die werk kan afpak.

En as sy nie agter haar lessenaar in die kantoor met tientalle medaljes en sertifikate besig is nie, maak sy kos.

“Dit is nie net werk en geen speel nie – kosmaak is vir my lekker, terapeuties, en dit laat my ontspan.”

Meer oor:  Heidedal  |  Meisies  |  Onderwys  |  Onderrig  |  Skool  |  Drome
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.