Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Hardloop vir Lise’ om geld te kry vir prostese
Dr. Danie Brink (47) en sy vrou, Lise (42), met Daniël (2) op haar skoot, en van links Rachel (8), André (13), Johann (10) en Mieke (15) met ’n vorige Kersfeesviering.

Solidariteit daag die publiek uit om saam te kom hardloop vir Lise Brink sodat sý weer kan hardloop.

Brink se linkerbeen is onder die knie geamputeer ná ’n motorongeluk middel Desember waarin twee van haar vyf kinders dood is. Sy is eers vroeër vandeesweek uit die Unitas-hospitaal in Centurion ontslaan.

Haar man, Danie, is die hoof van Solidariteit Helpende Hand.

Annelize Brits van die #hardloopvirlise-veldtog sê hoewel die Brinks se mediese fonds ongelooflike bystand en ondersteuning gee, lê honderdduisende rande se uitgawes nog voor.

“As hoof van Solidariteit Helpende Hand, wat daagliks ’n reuseverskil in die lewe van duisende Suid-Afrikaners maak, is Danie gelief by die publiek.”

Brits sê hy is ’n passievolle deelnemer aan uithouwedlope en ’n stigterslid van die Bo-Karoo-uithouwedren.

“Sy droom was dat Lise eendag sy draf-buddy sal wees. Met kinders wat tuisonderrig ontvang, was daar die laaste paar jaar nie veel tyd vir saam oefen nie, maar hulle het gereeld gedroom van die dag wanneer hulle saam hul tekkies vir ’n padwedloop kan aantrek.”

Die personeel van Solidariteit wil graag dié droom, wat ver in die toekoms lê, help waar maak.

R480 000 sal nodig wees vir ’n prostese. Dit sluit in alle prostese tot by die finale weergawe en alle terapie wat nodig is om daarmee te leer loop.

Die “Hardloop vir Lise”-geldinsamelingsprojek is primêr gekoppel aan die Medihelp Sunrise Monster op Saterdag 4 Maart by die Harlequin-klub in Groenkloof, Pretoria. Deelnemers kan in drie kategorieë deelneem: oor 32 km, 10 km en 5 km. Die inskrywingsgelde is R40. Jy kan ook op backabuddy.co.za registreer waar ander jou deelname kan borg.

As jy nie self wil deelneem nie, kan jy ’n ander deelnemer borg of R40 of meer skenk.

Vir meer inligting, stuur e-pos na navrae@hardloopvirlise.co.za of besoek hardloopvirlise.co.za.

Meer oor:  Lise Brink  |  Hardloop  |  Geld  |  Solidariteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.