Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hareherrie: MRK gaan advertensiebedryf ondersoek

Hy gaan die reklamebedryf ondersoek na aanleiding van ’n advertensie vir haarprodukte op die Clicks-winkelgroep se webwerf wat as rassisties teenoor swart mense bestempel is, het die Menseregtekommissie (MRK) Vrydag aangekondig.

Die MRK sê in ’n verklaring sy provinsiale kantoor in Gauteng saam die KwaZulu-Natalse en Wes-Kaapse kantore gaan reklamestandaarde en die nakoming van menseregte in die advertensiebedryf ondersoek in ’n poging om strukturele rassisme uit te skakel.

Die omstrede advertensie van TRESemmé, vervaardiger van haarprodukte, op die winkelgroep se webtuiste het die afgelope week tot landwye protesoptrede by Clicks-winkels gelei. In die advertensie word die natuurlike hare van ’n swart vrou as “droog en beskadig” beskryf en dié van ’n wit vrou as “dun en leweloos”.

Die EFF, met sy leier Julius Malema, aan die spits, het “oorlog verklaar” teen die kleinhandelaar ondanks die feit dat die winkelgroep verskeie kere om verskoning gevra het vir die advertensie en teen verantwoordelike partye opgetree het.

Altesaam 51 takke van Clicks in die Wes-Kaap, 92 in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap en 302 in Gauteng het vandeesweek hul deure gesluit weens die betogings.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.