Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hartaanval eis bekende wynmaker en stoker van Oudtshoorn

Huldeblyke stroom in vir Dys Grundling (45), meester-wynmaker en stoker van Oudtshoorn, wat verlede week aan ’n hartaanval dood is.

Grundling, van Grundheim Wines, was alombekend as die “wizard van stook”. Hy is verlede Woensdagaand by sy huis dood.

Sy familie sê in sy werk was hy altyd voor met nuwe tendense, soos sy mees onlangse produk, Rumkat Rum, wat groot aftrek gekry het.

Hy is gebore en getoë op Oudtshoorn en het sy hoërskoolloopbaan aan die Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal voltooi.

Dys Grundling. Foto: Verskaf

Sy familie sê in die beginjare het hy bekendheid verwerf vir sy rosyntjiewyn waarmee hy Grundheim se eerste Michelangelo-platinumprys en -trofee in 2013 gewen het.

Grundheim se witblits, met die herkenbare bulterriër-handelsmerk, is steeds een van die beste verkopers.

Latere jare was hy ook bekend vir sy Black Mountain-, Naakte Nartjie- en Doringrosie-jenewer wat talle pryse ontvang het en steeds topverkopers is.

Volgens huldeblyke van vriende het Grundling altyd ’n geleentheid raakgesien en dit verder ontgin. Sy dood laat ’n groot leemte.

Jacques Conradie, ’n vriend, skryf onder meer Grundling se karakter was geskoei op nederigheid en eenvoud, en was gewortel in sy absolute liefde vir sy gesin, sy plaas, sy diere en die natuur.

Dys was nie ’n pronker nie – sy handewerk met sy produkte het dit vir hom gedoen. Dys was nie ’n grootprater nie – sy talle toekennings het dit vir hom gedoen.

Volgens Conradie het Grundling se positiwiteit en humor hom die afgelope drie tot vier jaar gedurende die droogtetyd deurgedra “om vernuwend na sy besigheid om te sien en buite die normale te dink”.

Die dierewelsynsorganisasie Oudtshoorn Dogs in Need (Odin) sê op Facebook Grundling was sy grootste ondersteuner by sy hondehokke in Oudtshoorn en altyd bereid om “moeilike” honde aan te neem en hul lewe te verander.

SA Brandy het op sy Facebook-blad gesê die brandewynbedryf sal Grundling se ongelooflike bydrae en sy dit-kan-gedoen-word-ingesteldheid mis.

Grundling se lewe word Vrydag om 16:00 by Grundheim gevier. Volgens sy familie is almal welkom.

Hy word oorleef deur sy vrou, Elana, ’n dogter, Elarna (18), sy ouers, Danie en Susan Grundling, en sy susters, Ena Barnard en Suria Groenewald.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Hartaanval  |  Wynmaker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.