Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Raadslid van George sterf aan hartaanval

Michael Daniels (55), ANC-wyksraadslid vir Haarlem naby Uniondale wat Vrydag aan ’n hartaanval dood is, is beskryf as iemand vir wie dit belangrik was om die mense in sy gemeenskap op te hef.

Leon van Wyk, George se burgemeester, sê in ’n verklaring hulle is hartseer om van sy afsterwe te hoor.

Volgens Van Wyk was Daniels sedert Augustus 2016 die raadslid vir wyk 24 in Haarlem.

Michael Daniels (55)

Hy het namens die George-munisipaliteit, die stadsraad en administrasie sy medelye teenoor Daniels se familie uitgespreek.

Major Sokopo, ANC-streeksekretaris van die Victor Molosi-streek (Suid-Kaap), het by navraag gesê Daniels se dood is ’n groot slag vir die party en gemeenskap.

Volgens die inwoners was Daniels voor sy toetrede tot die politiek ’n adjudant-offisier in die polisie. Hy het uit die polisiediens bedank toe hy in Augustus 2016 die wyk vir die ANC gewen het. Hy was glo nooit bang om moeilike vrae te vra nie en sy dood laat ’n groot leemte.

Nog geen begrafnisreëlings is bekend nie.

Meer oor:  Leon Van Wyk  |  George  |  Hartaanval  |  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.