Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Harte bly oop vir dié wat nie het
Inwoners van die Sonskynhoekie-plakkerskamp in Pretoria staan in ’n tou by ’n polisievangwa om hul pasteie van Maders Slaghuis te ontvang.

’n Slaghuis wat gehoor het van die nood onder inwoners van die Sonskynhoekie-plakkerskamp en die Neli-Rose-ouetehuis, albei in Pretoria, het Saterdag kos aan dié twee plekke geskenk.

Vleis en vleispasteie is deur Maders Slaghuis geskenk en Lee-anne Stols van die Wonderboompoort-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het die polisie gekontak om met die aflewering te help in dié tyd dat mense se beweging beperk is.

Sy sê hulle het gehoor die mense het kos nodig en het toe die taak met maskers en handskoene aangepak.

Die plakkerskamp, waar 55 kinders en 180 volwassenes woon, het 1 100 pasteie en sowat 190 kg vleis gekry.

Die Neli-Rose-ouetehuis het 90 pasteie vir die 12 personeellede en 28 inwoners gekry.

“Die ontvangers is baie dankbaar vir die hulp. Ons beplan om binnekort weer by albei plekke kos af te lewer,” sê Stols.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.