Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hartenbosriviermond is wéér oop ná visvrektes

Die mond van die Hartenbosrivier naby Mosselbaai is Sondagoggend meganies oopgemaak nadat dooie visse Saterdag daar gesien is.

Nickey le Roux, munisipale woordvoerder, het by navraag bevestig dat die mond Sondag oopgemaak is.

Die mond van die Hartenbosrivier word Saterdag afgesper. Foto: Verskaf

Die rivier is Saterdag afgesper nadat dooie visse in die riviermonding uitgespoel het.

Die Mosselbaai-munisipaliteit het Saterdagaand in ’n verklaring gesê hy is bewus van die visvrektes Saterdag.

’n Dooie vis Saterdag in langs die Hartenbosrivier. Foto: Verskaf

Dit word toegeskryf aan Vrydag se onverwagse en buitengewone warm weer wat gelei het tot ’n toename in algegroei in die riviermonding.

Volgens die munisipaliteit het lede van die Hartenbosrivier-forum, onder leiding van Phillip Vermaak, watergehaltetoetse gedoen. Die toetse het bevestig dat die suurstofvlakke uitermate laag was.

Adv. Thys Giliomee, Mosselbaai se munisipale bestuurder, Anton Dellemijn, portefeuljevoorsitter van infrastruktuurdienste en die munisipaliteit se omgewingskundige, het vinnig reageer op die inligting van die visvrektes en hulle was gou op die toneel.

Nog dooie visse in die Hartenbosrivier se monding. Foto: Verskaf

Die rivier is deur die Mosselbaaise rampbestuursdienste afgesper om toegang na die rivier te beperk. Na verneem het ’n verskeidenheid visspesies gevrek.

Die riviermonding is ’n gewilde toerismebestemming en hengel- en uitspanplek, veral in vakansietye.

Die riviermonding word Sondagoggend oopgemaak. Foto: Verskaf
Meer oor:  Mosselbaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.