Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hartseer man gee sy troue vir vreemdes

Sy huwelik is op die rotse nog voordat hulle hul bruilof kon vier en toe besluit Matthew Boshoff om sy klaar­betaalde troue weg te gee.

Matthew Boshoff (26) gee sy droomtroue weg nadat hy en sy vrou besluit het om te skei. Foto: Verskaf

Hy het pas aangekondig hy wil die volle troupakket ter waarde van R40 000 aan ’n ander paartjie skenk.

“Tye is moeilik en mense het nie geld nie. Ek kan maar netsowel iets goeds doen vir iemand in hierdie tyd,” het die 26-jarige Boshoff op Jacaranda FM se Scenic Drive with Rian gesê. Hy wag nou vir aansoeke van voornemende troupare.

As dit nie vir Covid-19 was nie, het hy en sy Franse verloofde in Maart al getrou.

Maar toe ry die inperking hul planne in die wiele. Hulle moes die bruilof met 60 gaste by Makiti Wedding Venues by Muldersdrift uitstel.

Soos baie ander bruidspare het hulle ’n klein troue by Boshoff se ma se huis in Johannesburg gehou om die huwelik wettig te bevestig en beplan om later die okkasie met die beplande seremonie te vier. Sy bruid is direk ná die troue terug Frankryk toe omdat haar visum tydens die inperking sou verval. Die vyf maande se afstand was egter nie goed vir die pasgetroudes nie en hulle het onlangs besluit om te skei. Ongelukkig was die troue reeds betaal en hulle kan nie ’n terugbetaling kry nie. Dis wat hom toe laat besluit het om dit weg te gee.

As jy dink jy verdien hierdie pakket of jy weet van ’n paartjie wat dit regtig verdien, stuur ’n e-pos aan Boshoff by mattbscarabit@gmail.com.

Meer oor:  Bruilof  |  Troue  |  Egskeiding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.