Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Haweloses stroom na sopkombuis in Durban
Hawelose mense het Woensdag ná verlede week se onluste gestroom na die Denis Hurley Centre in Durban nadat dit weer veilig genoeg was om oop te maak. Lang rye mense het vir ’n bord warm kos gewag. Foto: Isabel Venter

Hulp bly instroom na die mense in KwaZulu-Natal wat ná die onlangse verwoestende onluste in die gebied sonder kos is.

In Durban is die nood hoog en hawelose mense staan in toue om ’n warm maaltyd te kry.

Die Denis Hurley Centre in die middestad kon Dinsdag ook weer vir die eerste keer sy deure vir dié mense oopmaak.

Teen Woensdag het die nuus versprei en vrywilligers kon skaars voorbly om vinnig genoeg op te skep.

Díe sentrum verskaf daagliks warm etes aan nagenoeg 250 mense.

Tydens die onluste was dit net te onveilig om die sentrum oop te maak. Gevolglik moes dié mense langer as ’n week vir hulself sorg.

Ander organisasies en maatskappy het sedert die naweek ook in die provinsie begin hulp verleen.

Woolworths het bekend gemaak dat hy van sy oorskot kos soos groente, vrugte en ander stapelvoedsel deur Gift of the Givers laat uitdeel.

So word verseker dat die kos uitkom by diegene wat werklik nog ’n kosnood het.

“Elke bietjie help om ’n verskil te maak,” het die maatskappy in ’n verklaring gesê.

Die maatskappy het ook onderneem om nog geld uit sy Woolworths Trust vir liefdadigheidsprojekte te bewillig.

Foto: Isabel Venter
Foto: Isabel Venter
Foto: Isabel Venter
Foto: Isabel Venter
Foto: Isabel Venter

Meer oor:  Kzn-Herstel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.