Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Help Wuppertal-mense met dié skenkings

Skenkings van kos, drinkgoed, toiletware en onderklere word dringend benodig in die Morawiese sendingdorpie Wuppertal, waar talle huise en geboue deur ’n brand in puin gelê is.

Talle huise en geboue is op 30 Desember in ’n brand in die sendingdorpie Wuppertal in die Wes-Kaap verwoes, met meer as 200 mense wat dakloos gelaat is. Foto: Brian Engel

Die Morawiese Kerk het Vrydag gesê dat die behoeftes van die slagoffers van die brand vasgestel is, waarvan baie op 30 Desember al hul besittings in die brand in dié Wes-Kaapse dorp verloor het.

Vars groente, vrugte, kos en drinkgoed word benodig vir die voedingskema wat die plaaslike rampbestuursentrum bedryf, sowel as yskaste, plastiekeetgerei en -borde en polistireenkoppies. Kospakkies wat uitgedeel kan word, onderklere vir kinders en volwassenes, toiletpapier en toiletware vir mans en vroue word ook dringend benodig.

Byna 60 huise is in die brand verwoes en meer as 200 mense is dakloos gelaat.

Intussen is ’n gebou, waar voorheen leerhandskoene gemaak is, beskikbaar gestel om as ’n plaaslike rampbestuursentrum te dien sodat die sendingdorpie meer voorbereid op rampe is.

Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die Morawiese kerk in Wuppertal, sê die kerk beplan om sy kapasiteit om rampe te hanteer te vergroot, veral in dié afgeleë dorpie in die Cederberge. Die gebou sal as ’n beheersentrum dien om met ander nooddienste en owerhede saam te werk, sowel as om inwoners vaardighede aan te leer.

Geldskenkings word ook gevra om die gebou op te knap en toe te rus.

Die brand het voorverlede Sondag om 17:00 ontstaan en glo van die berge af na Wuppertal versprei, met onder meer die gemeenskapsaal, winkels, slaghuis, toerismekantoor, ’n gedeelte van die poskantoor en ’n skoolkoshuis wat in die slag gebly het.

’n Gebou in Wuppertal, wat voorheen benut is om leerhandskoene te maak, word nou as ’n rampbestuursentrum ingespan nadat ’n verwoestende brand dié Wes-Kaapse sendingdorpie getref het.

Skenkings aan die mense van Wuppertal kan hier afgelaai word:

Kaapstad

• Daphne Ockhuis, Swartstraat 2, Morgenster-hoogte, Brackenfell (084 921 6303).

• Felicia Geldenhuys, Elandstraat 9, Parowvallei (061 855 2533).

• AJ van Rooy-Brandt, Dreyerstraat 19, Kuilsrivier (076 686 5816).

• Marcia Stemmet, Kuneneweg 15, Portlands, Mitchells Plain (083 486 1445).

Swartland

• Debby Booys, Noupoort 495, Goedverwacht (082 456 0814 of debbybooys@gmail.com);

• Elenize Jonker, NG kerk Citrusdal, Kerkstraat (082 831 0775).

• Barend Zimri, Cloetestraat 12, Saron (066 233 7339 of CVKordom@gmail.com).

• Ray van Rooy, Calendulastraat 23, Piketberg (083 657 9615).

Weskus

• Shireen Antonio, Suikerbekkiestraat 70, Langebaan (073 314 5926);

• Wayne Jackson, Lisboastraat 6, Vredenburg (076 166 4648 of waynejohnjacksonwjj@gmail.com).

• Heidi Smith, Falkenlaan 10, Noordhoek, Velddrift (078 229 9117 of Heidis965@gmail.com).

• Talie Baumeester, Saturnusstraat 24, Noordhoek, Velddrift

(083 531 4299).

• Karen Esau, Albatrosstraat 5, Saldanha (079 585 5674 of esau@telkomsa.net).

Meer oor:  Morawiese Kerk  |  Wuppertal  |  Skenkings  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.