Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Helpende Hand reik hand om Siesta-oord in Bfn te red
Die Siesta-aftreeoord in Bloemfontein is waarskynlik gered ná ingryping deur Solidariteit Helpende Hand.Foto: Mlungisi Louw

Solidariteit Helpende Hand het die hand diep in sy sak gesteek om die sukkelende Siesta-aftreeoord in Bloemfontein te red.

Helpende Hand sê hy stel R200 000 aan Siesta beskikbaar om tekorte op die lopende uitgawes van die tehuis aan die einde van September te oorbrug.

Die organisasie stel ook vir vier maande finansiële kundigheid ter waarde van R25 000 per maand beskikbaar om Siesta te help om alle finansiële rekordhouding, rekonsiliasie en verslaggewing op datum te bring.

Dit volg nadat ’n taakspan bestaande uit Siesta se direksie, raad en ’n ad hoc-komitee op 12 Augustus op ’n vergadering deur die familie van inwoners versoek is om oplossings te vind om die tehuis se toekoms te verseker.

Die Siesta-oord was op die rand van ineenstorting. As hulp nie gekry is nie, sou die gebou verkoop en ’n ander heenkome vir die 46 inwoners gekry moes word. Onder hulle is Alzheimer-pasiënte.

As deel van hierdie proses is Solidariteit Helpende Hand genader. As eerste stap is ’n afvaardiging kundiges onder leiding van die uitvoerende hoof, Hannes Noeth, gestuur om Siesta te besoek.

In die lig hiervan kan die nuwe oorgangsbestuur alle inwoners van Siesta en hul familie gerusstel dat na u omgesien sal word, en dat Siesta steeds vir ons inwoners ’n veilige hawe van versorging van die hoogste gehalte kan bied.

Prof. Johann Rossouw, woordvoerder van die oorgangsbestuur, sê die organisasie stuur in Oktober ook vir ’n week lank ’n span kundiges na Siesta om met die oog op die ontwikkeling van ’n toekomsplan vir Siesta verdere inligting in te win.

Die bestaande raad, wat ook die direksie van die artikel 21-maatskappy verantwoordelik vir Siesta was, het teruggestaan en hul bestuursverantwoordelikheid aan ’n oorgangsbestuur oorgedra.

Noeth sal vir ’n kort tyd as tussentydse voorsitter van ’n Siesta-oorgangsbestuur optree en leiding neem om ’n nuwe bestuursbedeling in te stel. Dit sal teen nie later nie as 25 September geskied.

Die opdrag van die oorgangsbestuur is om so gou moontlik voorstelle in Helpende Hand se verslag tot ’n plan vir die toekomstige volhoubaarheid en groei van Siesta te ontwikkel.

Rossouw sê daar word in die vooruitsig gestel dat Siesta in die volgende ses tot agt weke herkapitaliseer sal word om die grondslag vir toekomstige groeifases te lê. Dit sal insluit die delging van alle uitstaande skuld en die nakoming van Siesta se statutêre verpligtinge.

“In die lig hiervan kan die nuwe oorgangsbestuur alle inwoners van Siesta en hul familie gerusstel dat na u omgesien sal word, en dat Siesta steeds vir ons inwoners ’n veilige hawe van versorging van die hoogste gehalte kan bied.

“U ondersteuning as betalende inwoners sal ook ’n groot bydrae lewer tot die finansiële volhoubaarheid van en toekomsplan vir Siesta,” sê Rossouw.

Meer oor:  Johann Rossouw  |  Helpende Hand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.