Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hengelaar se lyk geïdentifiseer

’n Hengelaar wie se lyk Vrydag gevind is nadat hy Donderdag van die rotse afgeslaan is by die Gwaingriviermond naby Pacaltsdorp in George, is geïdentifiseer.

Hy is Edwin William Trantraal (57) van Pacaltsdorp, sê kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Wildernis het vroeër gesê hy is Donderdag omstreeks 17:00 ontbied nadat berig ontvang is van ’n hengelaar wat van die rotse afgeslaan is by die riviermond.

’n Uitgebreide soektog het egter niks opgelewer nie.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) en ander nooddienste Donderdag by die Gwaingriviermond waar ’n hengelaar se lyk gevind is. Foto: NSRI

Volgens ’n vriend het hulle saam gehengel toe Trantraal van die rotse afgeslaan is. Dit het die vriend ’n rukkie geneem om ’n plek te bereik waar hy ’n selfoonsein kon kry om hulp te ontbied.

Volgens Pojie het die polisie se duikers die soektog Vrydag voortgesit.

“Die oorledene se liggaam is omstreeks 11:00 deur die EMS-helikopter uit die see gelig nadat die polisieduikers hom verstrengel tussen toue gevind het teen die kus,” sê hy.

’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.