Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hengelaars sien lyk op strand uitspoel by Melkbos

Hengelaars het op die lyk van ’n jong man op Melkbosstrand aan die Weskus afgekom.

’n Foto van die lyk is Sondag op die Facebook-blad Worcester gangwatch gedeel.

Die inskrywing hierby lui: “Ek weet nie of dit te erg is vir Facebook nie, maar nou ja, moenie na die foto kyk as jy ’n swak maag het nie. Ons het net voor Melkbosch gehengel toe ’n lyk op die strand uitspoel. As jy geliefde vermis is, kyk asseblief.”

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, sê Vrydag omstreeks 11:00 is die polisie ontbied na ’n toneel op die strand by Holbaai, naby die Atlantic Beach-gholflandgoed net voor Melkbosstrand. Hulle het die lyk van ’n man wat vermoedelik in sy 30’s was, op die strand aangetref.

Die man, met rastalokke, het ’n blou broek, bruin T-hemp en een skoen op sy linkervoet gehad.

’n Lykskouing sal gedoen word om te bepaal waaraan die man dood is.

Melkbosstrand
Die foto van ’n lyk wat by Melkbosstrand uitgespoel het, is Sondag op die Facebook-blad Worcester gangwatch gedeel.

Meer oor:  Melkbosstrand  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.