Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hengelboot slaan om in Keurboomsriviermond
’n Skermgreep van ’n video wat geneem is nadat die omgeslaande boot van die Keurboomsriviermond na Plettenbergbaai se Nasionale Seereddingsinstituut se basis gesleep is. Foto: NSRI

’n Hengeluitstappie is Sondagoggend kortgeknip nog voordat dit begin het toe die boot waarmee die hengelaars deur die Keurboomsriviermond na die see wou vaar, omgeslaan het.

Marc Rodgers, Plettenbergbaai se Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI)-stasiebevelvoerder, het Sondag in ’n verklaring gesê hul beamptes het om 07:25 op ’n voorval van ’n omgeslane boot by die Keurboomsriviermond gereageer.

Met hul aankoms op die toneel het hulle al ses die bemanningslede van die omgeslane boot veilig aan wal aangetref.

Volgens Rodgers kom dit voor of slegs een man daarin kon slaag om onder die boot uit te kom terwyl dit onderstebo in die water was. Dié man het die twee kinders en drie mans wat vasgekeer was, gehelp om onder die boot uit te kom, waarna hulle deur die water na die wal gestap het.

Luidens Rodgers se verklaring het die boot vermoedelik ’n sandbank getref wat moontlik veroorsaak het dat die boot in die vlak branders omgeslaan het.

Slegs een van die mans is in die voorval beseer en deur die NSRI-lede na hul basis geneem. Hy is daar deur paramedici behandel.

Die NSRI-lede wat op die voorval gereageer het, het deur die riviermond gestap om die besittings van die hengelaars wat in die voorval in die water beland het, bymekaar te maak.

Die NSRI het die omgeslaande boot met een van hul bote tot by die basis in Plettenbergbaai gesleep, waar dit omgedraai is.

Meer oor:  Plettenbergbaai  |  Visvang  |  Hengel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.