Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Henri van Breda terug by familie

Henri van Breda, driedubbelemoordbeskuldigde, kry nou die kans om by sy oom André du Toit in die Boland te kuier omdat sy suster, Marli, uitstedig is.

Du Toit is Marli se voog en sy bly by hom sedert sy uit die hospitaal ontslaan is. Sy is ernstig beseer in ’n bylaanval by haar ouerhuis op die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch. Haar en Van Breda se ouers, Martin (54) en Teresa (55), en broer, Rudi (22), is in die aanval dood.

Henri van Breda buite die hooggeregshof in Kaapstad waar sy moordverhoor gehou word. Die saak hervat op 27 Februarie.

Van Breda het die aanval in Januarie 2015 oorleef en staan in die hooggeregshof in Kaapstad tereg op aanklagte van moord en poging tot moord. Hy hou vol ’n inbreker het sy gesin aangeval.

Marli (toe 16) kan na bewering nie onthou wat gebeur het nie.

Ingevolge sy borgtogvoorwaardes mag Van Breda nie in kontak kom met enige van die staatsgetuies nie – Marli is een van dié getuies.

Daar word betroubaar verneem Marli is nie in die Kaap nie en dit het Van Breda die kans gegee om by sy oom te gaan kuier.

Lorinda van Niekerk, Van Breda se opdraggewende prokureur, het intussen ook bevestig hulle het nie aansoek gedoen om sy borgtogvoorwaardes te verslap nie.

Hy mag dus nie oor Kersfees die Wes-Kaap verlaat nie.

Sy een ouma en Martin se tweelingbroers woon in Pretoria.

Ingevolge Van Breda se borgtogvoorwaardes is sy reisdokumente en paspoort by die polisie ingedien. Verder mag hy nie binne 500 m van enige internasionale grenspunt (enige ingang of uitgang van Suid-Afrika se grense) kom nie.

Daar word ook betroubaar verneem Van Breda het onlangs van Muizenberg na Wynberg verhuis.

Meer oor:  Marli Van Breda  |  Henri Van Breda  |  Boland  |  Moord-Verhoor  |  Hof  |  De Zalze-Bylmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.