Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Herehuis spring vlamme vry ná brand by Lanzerac-hotel
’n Brand het Sondagoggend by die Lanzerac Hotel & Spa uitgebreek. Foto: Michelle Linnert/Tygerburger

Brandbestryders was Sondagoggend vroeg nog besig om ’n brand te blus wat in die oggendure by die Lanzerac Hotel & Spa in Stellenbosch uitgebreek het.

“Dit is so hartseer,” het Winston Cowie, uitvoerende hoof, omstreeks 04:00 gesê soos hy na die vlamme gekyk het.

Die brand het Sondagoggend voor 03:00 uitgebreek. Die brand het in ’n gebou reg langs die eeue oue Lanzerac-herehuis ontstaan. Dele van die ontvangslokaal, ’n paar van die woonkamers en die hotel se restaurant, The Governor’s Hall, was in vlamme.

’n Brand het Sondagoggend by die Lanzerac Hotel & Spa uitgebreek. Foto: Michelle Linnert/Tygerburger

“Ek kan nie eens beskryf hoe ek voel nie.

Daar is ’n kas daarbinne, ingevoer van Frankryk, van meer as R600 000 – nou weg. Die skilderye, onvervangbaar.

“Ons is gelukkig dat dit by hierdie gebou gebeur het, wat tussen 1926 en 1927 gebou is, en nie die herehuis nie.

“Ons het gekeer dat die brand daarheen sou versprei. Ons het toe probeer om almal na veiligheid te kry. Dankie tog dat dit slegs op een plek gebrand het.”

Op ’n vraag oor die versekering van die gebou, het Cowie gesê hy kan nie eens in hierdie stadium daaraan dink nie. “Ons grootste kommer was almal se veiligheid en dat die brand geblus word.”

Gaste is versoek om op die terrein voor die hotel bymekaar te kom waar ander verblyf vir die gaste gereël sou word.

’n Besoeker het gesê dat daar vroeër ’n ontploffing was.

Die oorsaak van die brand moet nog ondersoek word.

Meer oor:  Stellenbosch  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.