Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hermanus Kersmark vier sy 5de met geskenkbewys
Die Kersmark by die Curro-skool op Hermanus word vanjaar vir die vyfde keer gehou. . Foto: Verskaf

Die gewilde Hermanus Kersmark vier vanjaar sy vyfde bestaansjaar.

Lizette Conradie, eienaar van die mark, sê vyf jaar gelede het sy ’n gaping vir so ’n mark in die Overbergstreek gesien en die geleentheid aangegryp.

Die mark word vanjaar van 16 tot 23 Desember by die Curro-skool in Hermanus aangebied. Die mark sal daagliks van 09:00 tot 18:00 oop wees, maar tot 17:00 op 23 Desember.

“Die Hermanus Kersmark het ’n groot verskeidenheid produkte waar kopers al hul Kersinkopies in ’n stil en veilige omgewing, weg van die gedruk van winkelsentrums, kan doen. Curro Hermanus is die perfekte plek omdat dit ruim, beskut en veilig is en baie parkeerplek het.”

Die Curro-skool op Hermanus. Foto: Verskaf

Besoekers moet die geel bordjies, vlae en baniere na die skool volg om die lokaal te bereik.

Conradie sê verder die lokaal is rolstoelvriendelik en alle Covid-19-protokolle sal gevolg word. Kaart-en kontantbetalings word aanvaar.

Ter viering van die mark se vyfde verjaarsdag is ’n kompetisie uitgeloof waarin ’n koopbewys van R500 gewen kan word om by die mark te bestee.

Besoek https://web.facebook.com/thegiftmarket1 vir meer inligting.

Meer oor:  Kersmark  |  Hermanus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.