Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hie’ kom die Bokke in Pta en Jhb

Die Springbok-rugbyspan sal Donderdag op hul kampioenetoer met die Webb Ellis-trofee spog nadat hulle Woensdag van Japan in Johannesburg aangekom het.

Die kampioenetoer sal in Gauteng afskop en die roetes hier is nou bekend.

In Pretoria sal ondersteuners al van 08:30 af hul helde kan sien. Die Bokke sal dan op die suidelike grasperke van die Uniegebou wees om hul ondersteuners te groet.

Hul toerbus vertrek om 09:30 hiervandaan.

Die bus sal ’n draai deur die middestad van Pretoria maak en dan Burnett-straat volg, links draai in Park- en Kirkness-straat in Sunnyside voordat hulle verby Loftus Versfeld sal ry om vir hul ondersteuners te waai.

Van Loftus sal die roete regs draai in Jorissen-straat op pad na Kerkplein in die middestad.

Van hier volg hulle Madiba-straat in Arcadia en sal na verwagting om 10:30 voor Tshwane-huis wees.

Die span sal Stevens Mokgalapa, Tshwane se burgemeester, hier ontmoet, voordat hulle na Johannesburg sal vertrek.

In die Goudstad sal die toer om 14:00 in Jan Smutslaan in Braamfontein begin na die Metro-sentrum en oor die Nelson Mandela-brug.

Van daar sal die bus verby die hoofkantoor van FNB in Simmonds-straat ry, en dan in Nasrec-straat onderweg na die FNB-stadion.

Die spelers sal dan suid in Ben Naudé-straat na die Maponya Mall ry, en van daar na Vilakazi-straat in Soweto en na die Hector Pieterson-museum.

Die toer eindig om 15:45 wanneer die bus verby die Orlando-stadion sal ry.

Die kampioenetoer gaan Vrydag voort en die Bokke sal ’n draai maak in Durban, Oos-Londen en Port Elizabeth voordat die toer Maandag in Kaapstad eindig.

Die finale roetes vir dié stede moet nog bekend gemaak word.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het by navraag gesê daar sal na verwagting nie stilgehou word vir handtekeninge of fotogeleenthede saam met die spelers nie.

Ondersteuners sal dalk ’n kans vir ’n vinnige handtekening kry by plekke waar die bus stadig verby bekende landmerke sal ry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.