Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hierdie Maandag glo die goorste dag van die jaar

Is jy gereed vir die goorste dag van die jaar?

Die 21ste Januarie is volgens dr. Cliff Arnall, ’n Britse sielkundige, glo ’n ware blou Maandag.

Arnall het deur middel van ’n ingewikkelde formule dié dag in Januarie as die aakligste dag van die jaar geïdentifiseer.

Hy het die formule sowat ’n dekade gelede bekend gemaak. Benarde geldsake, lae motiveringsvlakke en mislukte Nuwejaarsvoornemens is van die dinge wat vir die formule in berekening gebring is.

Arnall het sedert die bekendmaking van die teorie om verskoning gevra omdat dit dalk die vooruitsig van Januarie net nog erger maak.

Teen die tyd dat Maandag 21 Januarie aanbreek, is jou geldsake nie net beroerd nie, jy moet dalk ook met jou mislukte Nuwejaarsvoornemens begin vrede maak.

Volgens Pharma Dynamics, ’n farmaseutiese maatskappy wat spesialiseer in antidepressante, gee die vakansie vir die meeste mense ’n tydelike goedvoel-tydperk met musiek, kuier en humor oral waar hulle gaan. Wanneer dit egter verby is, staar die realiteit hulle weer in die gesig.

“Teen die tyd dat Maandag 21 Januarie aanbreek, is jou geldsake nie net beroerd nie, jy moet dalk ook met jou mislukte Nuwejaarsvoornemens begin vrede maak.

“Dit, saam met die wete dat jy dalk vir die volgende 11 maande nie weer ’n lang vakansie gaan hê nie, kan dié tyd van die jaar baie goor laat lyk,” sê Shougat Mugienker, bestuurder vir geestesgesondheid by Pharma Dynamics.

Hoewel dit normaal is dat jou gemoed in Januarie dalk ’n bietjie swaar is, is die voorkoms van depressie onder Suid-Afrikaners oor die algemeen kommerwekkend hoog, sê Mugienker.

“Een uit drie Suid-Afrikaners sukkel met depressie. Daarom is dit belangrik vir die publiek om in dié tyd behoorlike vaardighede aan te leer om die druk in die begin van die jaar te hanteer,” sê hy.

Wenke om jou gemoed in Januarie te verbeter
  • Identifiseer hoekom jy so sleg voel. Is dit jou gesondheid, jou geldsake, jou sosiale lewe, persoonlik, spiritueel, of jou werk, lewensmaat, familie en vriende of jou huislike omstandighede wat jou so laat voel? As dit jou werk is wat jou ongelukkig maak, is dit dalk tyd om aan ’n verandering te dink.
  • Stel vir jouself realistiese voornemens, selfs al beteken dit dat jy jou oorspronklike lys van Nuwejaarsvoornemens moet skrap.
  • Moenie uitstel nie. Hoe meer jy uitstel om dinge te doen, hoe slegter gaan jy voel.
  • Identifiseer aktiwiteite in jou lewe wat jou stresvlakke verminder, soos om ’n boek te lees, tyd buite deur te bring of om na musiek te luister. Maak dan meer tyd vir dié aktiwiteite.
  • Probeer om gereelde oefening deel van jou lewe te maak. Fisiese aktiwiteite verminder stres en laat jou gelukkiger voel.
  • Volg ’n gebalanseerde dieet. Weke van ooreet kan jou moeg laat voel.
  • Kyk na jou geldsake en neem goeie finansiële besluite sodat jy nie in die moeilikheid beland nie. As jy reeds in die moeilikheid is, gaan spreek ’n skuldberader.
  • Bly positief deur dankbaar te wees vir die goeie dinge in jou lewe. Dankbaarheid is die kern van geluk.
  • Moenie ’n tydsbeperking op jou geluk plaas nie. Baie mense sê hulle sal gelukkig wees as dit vakansie is of as hulle meer geld het, maar dan is jy net besig om waardevolle tyd om te wens. Geniet eerder Januarie en elke maand daarna deur jou ure te vul met dinge wat waarde tot jou lewe toevoeg.
  • Beplan prettige, maar bekostigbare aktiwiteite deur die loop van die jaar sodat daar deurlopend dinge is om na uit te sien.



Meer oor:  Januarie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.