Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hiert! Kyk hoe nael vollie op N2!

Die vryheid van ’n rondloper-volstruis wat op die N2 buite Mosselbaai in die Suid-Kaap gewaar is, was van korte duur.

Janine van Staden en haar gesin van Kimberley was Dinsdag omstreeks 08:45 ná ’n vakansie in Danabaai (buite Mosselbaai) op pad huis toe toe hulle die volstruis mooitjies agter die geel streep op die N2 gesien hardloop het. Dit was ’n ent voor die Mosselbaai-afrit in die rigting van George.

“Dit het gereën. Ek het eers nie die volstruis gesien nie, maar toe sê my man: ‘Maar my hel, dis ’n volstruis’,” sê sy.

’n Skermgreep uit ’n video van die volstruis wat Dinsdag op die N2 buite Mosselbaai hardloop. Foto: Video deur Janine van Staden

Hulle het hul motor se noodligte aangesit en agter die volstruis agter die geel streep aangery. Janine het ’n video geneem.

“Ons was bang hy word raakgery. Die volstruis was baie moeg en het half in ’n sloot gegly. Ek het hom baie jammer gekry,” sê sy.

Gelukkig het ander motoriste, onder wie ’n vragmotorbestuurder, ook agtergekom wat aan die gang is. Met die hulp van die motorbestuurders is die volstruis “af geblok” sodat hy nie voor die verkeer beland nie, sê sy.

Die volstruis is toe by die afrit na Mosselbaai af.

Volgens Janine het ’n vrou in ’n goudkleurige motor vooruit gery tot aan die afrit se onderkant, uitgespring en die verkeer gestop. Die volstruis het op ’n kol gras langs die afrit tot stilstand gekom. “Toe ons seker was dat die volstruis veilig is, het ons verder gery,” sê sy.

Die verkeersdienste in Mosselbaai het gesê sy beamptes het die volstruis in bedwang gehou totdat sy eienaar hom kom haal het. Die volstruis het uitgekom waar die draad langs die pad vermoedelik gesteel is.

Meer oor:  Mosselbaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.