Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Histerie oor Momo ‘onnodig’

Kenners meen die sogenaamde Momo-uitdaging, wat glo selfleed aanmoedig, is ’n foppery wat onnodige paniek onder volwassenes saai.

Emma Sadleir, mediaregkenner, het Donderdag op haar Facebookblad geskryf sy is bekommerd oor die histerie rondom dié uitdaging.

“Die histerie maak dit net gewilder en gee dit baie meer lugtyd as wat dit verdien.”

Die histerie maak dit net gewilder en gee dit baie meer lugtyd as wat dit verdien.

Sadleir skryf sy het die afgelope twee dae sowat 850 kinders tussen die ouderdomme van 12 en 18 jaar gevra of hulle al van die Momo-uitdaging gehoor het.

“Nie een van hulle het al daarvan gehoor nie. Ek het nie verder iets daaroor gesê nie.”

Sy waarsku dat die aansteeklikheid van selfdood baie werklik is.

Momo, ’n gedroggesig wat ’n namaaksel is van ’n Japanse pop, daag kinders glo uit om gevaarlike dinge te doen sonder om hul ouers daarvan te sê.

“Die Momo-uitdaging kom glo as ’n angswekkende foto op aanlyn platforms wat die gebruiker versoek om ‘Momo’ op WhatsApp deur een van verskeie nommers te kontak.

Volgens berigte gee die karakter kinders opdrag om uitdagings uit te voer wat hulle ’n geheim moet hou, anders maak ‘Momo’ hulle dood.”

The Guardian berig verskeie organisasies meen die Momo-uitdaging het aanvanklik geen skade aangerig nie, maar die histerie daarom kan kwesbare mense in gevaar stel deur hulle aan te moedig om aan selfleed te dink.

Die UK Safer Internet-sentrum het die uitdaging as fopnuus uitgemaak en YouTube sê daar is geen bewyse dat video’s wat die Momo-uitdaging wys of dit bevorder op sy platform beskikbaar is nie.

Die Samaritans, ’n Britse beradingsorganisasie, sê daar is geen bevestigde bewyse in Brittanje of die res van die wêreld dat selfdood gekoppel kan word aan die Momo-uitdaging nie.

“Wat belangriker is, is dat ouers en mense wat met kinders werk, op breedvoerige aanlyn-veiligheidsriglyne konsentreer.”

Die BBC berig die polisie in die Verenigde Koninkryk het geen berigte ontvang oor kinders wat hulself leed aandoen weens die Momo-uitdaging nie.

Sadleir stel die volgende veiligheidsriglyne vir ouers voor:

* Hou jou kind se foon dop en weet watter apps hulle gebruik en hoe die apps werk.

* Behou goeie kommunikasie. As jou kind ooit iets sien wat hom of haar ongemaklik laat voel, moet hulle jou daarvan kan vertel sonder dat jy oorreageer. Die internet het geen perke nie; kinders sal op onvanpaste inhoud en mense met verskuilde motiewe afkom. Hoe jy reageer sal bepaal of hulle jou die volgende keer sal vertel wanneer dit gebeur.

* Wys jou kinders op die voordele daarvan om mense op sosiale media te blokkeer.

Meer oor:  Momo  |  Sosiale Media  |  Selfdood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.