Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
NG kerk aan Weskus brand af

Die NG Kerk in Redelinghuys, 'n dorp in die Bergrivier-munisipaliteit in die Wes-Kaap, is Dinsdagoggend heeltemal deur 'n brand vernietig.

Die historiese kerk is meer as 'n eeu oud.

Bertus Senekal, brandweerhoof van die Weskus-distriksmunisipaliteit, sê 'n brandbestrydingspan het met hul aankoms gevind dat die hele kerk in vlamme is.

"Tot op hede het die dak inmekaar gesak en is daar groot krake in die mure sigbaar as gevolg van die hitte. Tans word geen ander eiendom bedreig nie en is die gebied afgesper, omdat die (selfoon) toring ook moontlik gaan inval."

Volgens Senekal is die polisie ook op die toneel.

"Die oorsaak van die brand is onbekend en 'n ondersoek sal gedoen word sodra die brand geblus is en dit veilig is om die perseel te betree."

Geskokte inwoners het foto's van die brandende kerk op Facebook gedeel.

Dit wys reuse-vlamme en dik rook bo die kerk.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting. 

kerk
'n Foto van die NG kerk wat Dinsdag gebrand het is op Facebook gedeel. Foto: Facebook
kerk
Sosialemediagebruikers deel foto's van die kerk aanlyn. Foto: Verskaf
kerk
Dik rook het om die kerk gehang. Foto: Facebook

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Redelinghuys  |  Vlamme  |  Kerk  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.