Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hittegolf in binneland: Verligting kom Woensdag

Dit gaan steeds warm wees, maar vir die res van die week word koeler toestande as die afgelope paar dae vir die noordelike en sentrale dele van die land voorspel.

Dit kom nadat ’n hittegolf sedert Sondag mense in die binneland laat deurloop onder gemiddelde temperature van tot 35 °C in dele van Gauteng, die Vrystaat en Limpopo.

Edward Engelbrecht, weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, sê dié hittegolf sal teen Woensdag gebreek wees.

“Koeler lug sal veral oor die noordoostelike dele van die land inbeweeg, waar dit Woensdag ook bewolk sal wees. Ons verwag temperature in die hoë 20’s in Gauteng en Noordwes, die lae 20’s vir Limpopo en die lae 30’s vir die Vrystaat,” sê hy.

Vir Johannesburg word ’n minimum temperatuur van 15 °C en ’n maksimum temperatuur van 27 °C vir Woensdag voorspel, met onderskeidelik 9 °C en 33 °C in Bloemfontein.

Leah (7) en Mila (4) Schnetler-Lotz se ouers, Karien en Werner, het net betyds hul swembad reggekry vir die hittegolf wat sedert Sondag die kwik in Pretoria opjaag. Foto: Isabel Venter
Leah Schnetler-Lotz (7) koel in die swembad by haar ouerhuis in Pretoria af. Foto: Isabel Venter

Engelbrecht sê daar word ook vir elke dag van die res van die week reën voorspel in Gauteng, Noordwes, Mpumalanga, Limpopo en die Vrystaat.

“Vir die res van die week verwag ons in al hierdie streke ’n 30%-kans op donderstorms smiddae,” sê hy.

In die Noord-Kaap sal daar egter na verwagting vir die res van die week steeds bloedige warm weerstoestande heers.

“Ons kyk na temperature in die hoë 30’s vir dele van die Noord-Kaap,” sê Engelbrecht.

Hy sê dit sal ook baie warm wees in die Limpopo-vallei en die Laeveld, waar temperature bo 35 °C voorspel word vir die res van die week.

“Dit sal egter nie hittegolf-toestande bereik nie.”

Engelbrecht sê daar is ook geen aanduiding dat nog ’n hittegolf die Vrystaat en noordelike dele van die land binne die volgende week sal tref nie.

Roodekrans in Roodepoort, Gauteng, loop ook sedert Sondag onder ’n hittegolf deur. Foto: Dennis Delport
SP de Villiers (9) van die Laerskool Die Poort in Pretoria koel Dinsdag af nadat hy sy huiswerk gedoen het. Foto: Isabel Venter
Meer oor:  Verligting  |  Weervoorspelling  |  Hittegolf  |  Weerdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.