Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hittegolf tref Gauteng Sondag

’n Hittegolf wat temperature tot in die hoë 30’s sal druk, sal Gauteng teen Sondag bereik.

Wayne Venter, weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, sê die hittegolf kom tans reeds in die Vrystaat, Noordwes en dele van die Noord-Kaap voor.

“Ons verwag maksimum temperature van tot 40 °C in hierdie provinsies. Wanneer die hittegolf Gauteng Sondag sal bereik, verwag ons ’n gemiddelde temperatuur van 38 °C,” sê hy.

In Pretoria word ’n minimum temperatuur van 17 °C en maksimum van 34 °C Sondag verwag, terwyl die minimum in Johannesburg 15 °C en die maksimum 32 °C sal wees.

Venter sê die warmste gebiede tydens die hittegolf sal egter die westelike dele van Noordwes en die oostelike dele van die Noord-Kaap wees.

“Hier sal ons temperature van in die hoë 30’s en lae 40’s sien,” sê hy.

Volgens hom sal die hittegolf tot Dinsdag voortduur.

“Geen reën word in hierdie tyd of vir die volgende week vir die noorde voorspel nie.”

Venter sê die weerdiens verwag egter baie meer reënval as normaalweg vir die somerreënvalstreek vanjaar.

Intussen het die departement van water en sanitasie aangekondig dat die Vaaldam se watervlak vandeesweek verder met 1,2% gedaal het.

“Die dam is nou slegs 31,2% vol. In die dieselfde tyd verlede jaar was dit 52,1% vol,” lui die verklaring.

Die departement hou egter vol dat daar nie rede tot kommer oor die watervlak van die dam hoef te wees nie.

Luidens die verklaring het die watervlak van die Bloemhofdam ook vandeesweek heelwat gedaal, met 2,1% sedert verlede week. Die vlak staan nou op 87,1%.

“Die dam se watervlak is egter hoër as in dieselfde tyd verlede jaar toe dit 85,4% vol was.”

Die Sterkfonteindam se vlak is vandeesweek 0,1% hoër en die dam is tans 94,2% vol.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.