Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
H&M-betogings maak wêreldwyd opslae
Die H&M-winkel in Menlynpark is geplunder. Foto: Twitter

Suid-Afrika is weer wêreldnuus nadat betogers H&M-winkels in Gauteng en die Wes-Kaap geplunder het.

The Daily Mail in Brittanje, USA Today in Amerika en news.com.au in Australië het almal Saterdag verslag gedoen oor die betogings en die plundering deur mense in EFF-kleure wat daarop gevolg het.

Intussen het musikante ook hul misnoeë uitgespreek oor die Sweedse klerewinkelgroep se advertensie van ’n swart seun met ’n baadjie waarop die woorde “Coolest monkey in the jungle” staan.

G-Eazy, ’n musikant en vervaardiger, het volgens CBS Philly sy samewerkingsooreenkoms met die groep laat vaar. Hy het saam met H&M aan ’n klerereeks vir mans gewerk wat op 1 Maart op die rakke sou wees.

“Nadat ek die advertensie gesien het, is ek nie meer so opgewinde oor die internasionale veldtog nie. Dus het ek besluit om ons vennootskap te beëindig,” het hy gesê.

The Weeknd, ’n sanger van Kanada, het sy ook samewerkingsooreenkoms met die klerewinkel beëindig.

Hy het die reeks “Spring Icons Selected by The Weeknd”, uitgebring. Dit is sedert verlede jaar te koop en is steeds aanlyn beskikbaar.

“Die advertensie gee baie aanstoot en daarom wil ek nie meer saam met H&M werk nie,” het hy gesê.

Meer oor:  Eff  |  H&M
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.